Ons bely van die staanspoor af dat God goed is.  Dit is juis hierdie oortuiging wat vir ons ‘n sterkte en toevlug is in stormagtige tye.  Ja, GOD IS GOED!

Deur Philip de Jager

Preek 1 God is goed
Dit is belangrik dat ons sal verstaan dat die doel van die gesprek beslis nie is om ‘n poging aan te wend om God op een of ander manier te dagvaar om voor ‘n menslike regbank antwoord te gee nie.  God is goed. PUNT!

Preek 2 God is goed  
Wanneer ons na die lewe kyk vanuit die onwrikbare geloofsoortuiging dat God goed is, dan sien ons dinge anders.  Nee, dit beteken nie dat ons in ontkenning leef en nie seer, siek, swak, slegte en sat goed raak sien nie.  In ons soeke na; en toenadering tot, ‘n Redder, Verlosser, Geneser, Heler, en Voorsiener, kom ons nie na God toe met verwyte, maar met oorgawe en verwagting en volkome berusting in die soewereiniteit van God.

Jy is welkom om my te kontak by admin@leefdiewoord.co.za