Hierdie preekreeks fokus op sekere temas wat uit die Bybelboek Spreuke geneem word.  Ons gesels oor vastrapplekke vir die hedendaagse lewe.

Deur Philip de Jager

Preek 1 Begin hier
‘n Wyse mens dien die Here.  Daar is geen groter wysheid as juis dit nie.  Ons skenk aandag aan die bewondering wat ons vir God het wat so groot is dat dit deurslaggewende rol speel in die manier waarop ons voor Hom leef …

Preek 2 Voordat jy iets sê
Ons moet besef dat die woorde van ons mond gewig aan ‘n saak kan gee, maar ook dat dit skade aan die saak kan doen.  Ons moet besef dat ons woorde kan bou en stig; maar ook dat ons woorde seerder kan maak as swaarde.  Ons moet nie die krag van die invloed van woorde onderskat nie …

Preek 3 Hartsake
Hoe gaan dit met jou spreekwoordelike hart?  Ons moet ons harte bewaak.  Dit beteken dat jy moet wagstaan voor jou hart.  Dit beteken dat jy noukeurig en noulettend sal sorg dra om jou hart in stand te hou …

Preek 4 Vaardigheid
Jimmy Johnson, ‘n befaamde Amerikaanse voetbal afrigter, kommentator en “Hall of Fame”  persona stel dit so treffend: “the difference between ordinary and extraordinary is that little extra.”  Vriende, vaardigheid; om dus skilful te wees, is nie onsigbaar nie.  Dit is nie noodwendig altyd op die voorgrond en “centre stage” nie.  Maar, vaardigheid word gesien …

Jy is welkom om my te kontak by admin@leefdiewoord.co.za