Tel jou woorde, want woorde tel.

Deur Philip de Jager

Watter inspraak lewer jy in mense se lewens?

Wat is die soutgehalte van jou woorde?

“Laat julle woord altyd aangenaam wees, met sout besprinkel, sodat julle kan weet hoe julle iedereen moet antwoord” (Kol. 4:6).

Let ook op na die emosionele inhoud van jou woorde, dit is nie net wat jy sê nie – maar ook hoe jy dit sê.

Hou jou tong in toom en wees paraat dat jou tong nie aanleiding tot ‘n verwoestende vuur gee nie (Jak. 3:2-12).

“‘n Sagte antwoord keer die grimmigheid af, maar ‘n krenkende woord laat die toorn opkom” (Spr. 15:1).

Tel jou woorde, want woorde tel.