Gister is verby. 
Dit wat jy moet bereik lê voor jou.

Deur Philip de Jager

“Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus” (Fil. 3:14).

Om vorentoe te beweeg met jy bereid wees om te laat los waar of waarin jy jouself tans bevind.

Om vorentoe te beweeg moet jy jouself strek; jy moet bereid wees om die spanning van die onbekende aan te durf.

Om vorentoe te beweeg moet jy intensioneel wees.  Jy moet doelbewus en doelgerig dinge najaag.

Om vorentoe te beweeg moet jy met die vreugde van die vooruitsig van die beloning vir getrouheid geïnspireer word.