Hoop is nie ‘n plek wat jy bereik nie – dit is ‘n manier van reis.

Deur Philip de Jager

Hoop is een van die groot drie: “En nou bly geloof, hoop, liefde – hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde” (I Kor. 13:13).

Om met hoop besiel te wees is om met ‘n lied in jou hart te leef.

Hoopvolle mense poog nie om die seer realiteite van die lewe te ontken nie, maar hulle laat nie toe dat dit hulle visie vir die toekoms versper nie.

“Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie” (Hebr. 11:1).

Om hoopvol te wees is ‘n manier van reis en nie ‘n bestemming wat jy bereik nie.

Daar is een plek waar jy nie hoopvolle mense sal kry nie – beslis nie sal kry nie!  En dit is by moedverlore se vlakte.