Maandag 20 Januarie om 06:00 tot
Maandag 27 Januarie om 06:00
Tydens hierdie tydperk van gebed en vas gaan ons ‘n gedeeltelike vas volg,
die sogenaamde Daniël-vas.
Die doel van vas en gebed is om tot God te nader.
Lees gerus ...
Matt. 6:16-18
Matt. 9:14-15
Hand. 10:30-33
Hand. 13:1-3
Hand. 14:23
Wat word met ‘n Daniël-vas bedoel?
Dit is ‘n gedeeltelike vas waarin sekere kosse uitgesluit word.
Dan. 1:8-18 &
Dan. 10:2, 3
Gebaseer op die bogenoemde verse, sluit ‘n Daniël-vas tipies die volgende in:
Toegelaat: Groente, vrugte, neute, sade, peulgewasse, volkoring produkte, water.
Vermy: Vleis, suiwel, suiker, brood wat met verfynde meel gemaak is, en wyn of ander drankies.
Jou geestelike reis bestaan uit ‘n bepaalde roetine en sekere rituele; en vorm as sulks jou geestelike ritme.
Tydens hierdie tyd van vas en gebed neem elkeen sy geestelike reis en ritmes onder die loep. Laat dit vir jou ‘n tydperk van intensionele fokus wees waarin jy nabetragting doen oor jou geestelike aptyt en geestelike gewoontes. Laat dit vir jou ‘n tyd van verkwikking wees waarin
jy weer opnuut waardering kry vir God se bemoeienis met jou. Laat dit ook ‘n tyd wees waarin jy die Heilige Gees toelaat om in jou lewe inspraak te lewer ten opsigte van jou toewyding. Hierdie is ‘n tydperk van refleksie en geestelike introspeksie.
Ons het bepaalde fokuspunte waarop ons elke dag gaan konsentreer. Dit sal elke oggend beskikbaar gestel word. Besoek dus ons webwerf elke oggend vir die nuwe fokuspunt.
Maandag 20 Januarie
Fokuspunt sal geplaas word
Dinsdag 21 Januarie
Fokuspunt sal geplaas word
Woensdag 22 Januarie
Fokuspunt sal geplaas word
Donderdag 23 Januarie
Fokuspunt sal geplaas word
Vrydag 24 Januarie
Fokuspunt sal geplaas word
Saterdag 25 Januarie
Fokuspunt sal geplaas word
Sondag 26 Januarie
Fokuspunt sal geplaas word
Maandag 27 Januarie
Fokuspunt sal geplaas word
Het jy 'n gebedsversoek?
Daar is tye wanneer die lewe oorweldigend is en in hierdie oomblikke kan dit soms voel asof hoop ver weg is. Miskien worstel jy met goed en dit voel vir jou asof jy nie ‘n deurbraak of oorwinning kry nie. Deur gebed verskuif ons die perspektief na die Een wat luister en ons waarlik help. Maak nie saak wat jy in die gesig staar nie,
ons wil graag saam met jou bid!