Hoër hoogtes
Philip de Jager
Die pad na hoër hoogtes is altyd opdraande. Dit is logies, nie waar nie? Dit kan ook nie anders nie. Om op hoër grond uit te kom, moet jy die opdraande pad aandurf. Moet egter nie toelaat dat dit jou ontmoedig nie. Tydens hierdie opdraandes word jou deursettingsvermoë gevorm. Ook jou geloof kry meer definisie en jou lofsange dieper betekenis. Die uitdagings van die opdraande pad is die prys wat jy bereid moet wees om te betaal. Verder, om hoër hoogtes te bereik, moet jy met middelmatigheid afreken. Moet nie die fout begaan om middelmatigheid met vergenoegdheid te verwar nie. Middelmatigheid is om nie jou beste te gee nie. Vergenoegdheid is om die beste te maak met wat jy het. Lewe elke dag voluit. En onthou, hulle wat na niks mik nie, tref dit elke keer.
Lees
I Kor. 9:24-27
Fil. 3:14