Dieper
Philip de Jager
Ek wil dieper leef. Ek wil in my verhouding met God groei. Die verwysing na 'n intieme verhouding met God wil noodwendig impliseer dat daar diepte in hierdie verhouding moet wees. Soos Maria, wil ek by Sy voete gaan sit om by Hom te leer en om ook oor Hom te leer.
Ek wil dieper leef. Ek wil waarlik teenwoordig wees waar ek ook al by mense is. Ek wil luister om beter te verstaan sonder om die gesprek te probeer skaak. Ek wil luister sonder die geneigdheid om te probeer korrigeer. Ek wil luister om te connect. Ek wil mense raak leef.
Ek wil dieper leef. By die essensie van dinge uitkom sodat ek beter kan verstaan. Ook om myself beter te verstaan. 'n Dieper selfkennis sonder enige arrogansie, vermakerigheid ... of vermetelheid. Nogtans met vrymoedigheid en vreugde. Ek moet myself immers ook liefhê.
Plastiek is sleg vir die natuur, vir verhoudings ook.
Lees
Luk. 10:38-42
Mark. 12:30-31
Vorige oordenkings
Diep en stiller
Philip de JagerWanneer jy na die water luister soos dit oor klippe in die rivier kibbel, is dit dikwels lawaaierig waar die water nie diep is nie. Waar die water dieper is, is dit dikwels stiller. Met hierdie beeld in gedagte, wil ek skryf oor dieper en stiller. In...
Diep en vergenoegdheid
Philip de JagerIn DV 2026 soek ek nie na groter dinge nie. Ook nie na meer van dit of meer dat nie. Ek wil ook nie so besig wees om vir myself naam te maak - dat Jesus sou voel Hy is die gelukkig toeskouer by een of ander 'n celebrity show ... en hopelik kan Hy 'n...
Jy leef my raak
Philip de JagerDaar is mense wat 'n groot indruk op ons lewe maak. Mense wat ons raak leef. Hul doen dit deur hulle mooi gesindheid teenoor ons, hulle hulpvaardigheid en hulle fyn ingesteldheid teenoor ons. Daardie mense wat soms so uit die blote vir jou 'n...


