Dieper
Philip de Jager
Ek wil dieper leef. Ek wil in my verhouding met God groei. Die verwysing na ‘n intieme verhouding met God wil noodwendig impliseer dat daar diepte in hierdie verhouding moet wees. Soos Maria, wil ek by Sy voete gaan sit om by Hom te leer en om ook oor Hom te leer.
Ek wil dieper leef. Ek wil waarlik teenwoordig wees waar ek ook al by mense is. Ek wil luister om beter te verstaan sonder om die gesprek te probeer skaak. Ek wil luister sonder die geneigdheid om te probeer korrigeer. Ek wil luister om te connect. Ek wil mense raak leef.
Ek wil dieper leef. By die essensie van dinge uitkom sodat ek beter kan verstaan. Ook om myself beter te verstaan. ‘n Dieper selfkennis sonder enige arrogansie, vermakerigheid … of vermetelheid. Nogtans met vrymoedigheid en vreugde. Ek moet myself immers ook liefhê.
Plastiek is sleg vir die natuur, vir verhoudings ook.
Lees
Luk. 10:38-42
Mark. 12:30-31
Vorige oordenkings
Word stil
Philip de JagerDie lewe is 'n besige affêre. Daar is so baie dinge wat vir ons aandag skree en altyd 'n klomp take wat aangepak en afgehandel moet word. Te veel hooi op die vurk en te min krag om dit te dra. In so besige dag klink dit na tyd mors om stil te word. ...
Jesus, liefling van my siel
Philip de JagerJare gelede het ek die liedjie leer ken: Hy's die liefling van my siel, sy Naam is Jesus. Gemeentes het dit besielend gesing en dikwels het die samesang oorgevloei in spontane aanbidding. Dit was oomblikke van diep bewondering vir hierdie Sielsbeminde...
Passievol
Philip de JagerPassievolle mense leef anders. Hierdie passie is soos 'n vlam wat in jou binneste brand, die krag wat jou dryf om alles te gee. Om enduit, voluit te leef. Dit is nie bloot 'n gevoel nie, maar 'n energie wat jou roep en dring om jou unieke doel te...


