Uitverkoop
Philip de Jager
Daar is 'n reuse verskil tussen oorgawe of om net in iets geïnteresseerd te wees. John Mason sê: "You're not truly free until you've been made captive by your supreme mission in life." Daar is 'n groot stuk vryheid, vreugde en vrede daarin om jou skeppingsdoel uit te leef. Wanneer jy woeker met die gawes, vermoëns en talente wat jy van die Here ontvang het, beleef jy 'n stuk genoegdoening wat bykans nie met woorde beskryf kan word nie. Toewyding en oorgawe aan 'n saak bewerkstelling 'n diep en salige tevredenheid wat jou ten spyte van harde werk - nogtans vervuld laat voel. Wanneer jy waarlik aan 'n saak uitverkoop is, sal jy nie verskonings soek om jou verantwoordelikheid te ontduik nie, maar des te meer redes en inspirasie vind om dit met uitnemendheid deur te voer. Wanneer jy aan 'n saak uitverkoop is, is jou toewyding daaraan die bewys van die hoë waarde wat jy daaraan heg.
Lees
Spr. 22:29
II Kor. 8:7
Vorige oordenkings
Diep en stiller
Philip de JagerWanneer jy na die water luister soos dit oor klippe in die rivier kibbel, is dit dikwels lawaaierig waar die water nie diep is nie. Waar die water dieper is, is dit dikwels stiller. Met hierdie beeld in gedagte, wil ek skryf oor dieper en stiller. In...
Diep en vergenoegdheid
Philip de JagerIn DV 2026 soek ek nie na groter dinge nie. Ook nie na meer van dit of meer dat nie. Ek wil ook nie so besig wees om vir myself naam te maak - dat Jesus sou voel Hy is die gelukkig toeskouer by een of ander 'n celebrity show ... en hopelik kan Hy 'n...
Jy leef my raak
Philip de JagerDaar is mense wat 'n groot indruk op ons lewe maak. Mense wat ons raak leef. Hul doen dit deur hulle mooi gesindheid teenoor ons, hulle hulpvaardigheid en hulle fyn ingesteldheid teenoor ons. Daardie mense wat soms so uit die blote vir jou 'n...


