Nederigheid

Philip de Jager

14/05/2026

Die Bybel bly nie stil oor nederigheid nie.  Paulus skryf dat nederigheid iets is wat ons moet aantrek. Dit is nommerpas, maar deug nie as dit vergete hang in die klerekas.  Nederigheid is daardie een karaktereienskap wat jy moontlik kan verloor die oomblik wanneer jy jouself as 'n nederige persoon beskryf.  Dit laat my dink aan die persoon wat 'n medalje vir nederigheid gewen het ... hy het dit met groot trots gedra.  Deur die jare bly die woorde van Tannie Charity Brits vir my klokhelder: "'n Persoon wat baie van homself dink het nie baie gedink nie".  Sy het dit in 1992 tydens 'n vergadering vir 'n groep pastore gesê.  Waar ons ook al leef en in hierdie wêreld ons roeping uitleef, laat dit met  nederigheid geskied.  Nederigheid kultiveer 'n lewenswyse van offervaardige diensbaarheid, waarin die een die ander hoër ag as homself.  Dit is immers die navolgenswaardige voorbeeld en gesindheid wat ons van Christus het, en dit is hierdie nederigheid waarmee ons meegevoer moet word.

Lees

Kol. 3:12
Ef. 4:1-2
Fil. 2:3-5
Rom. 12:16

Vorige oordenkings

Diep en stiller

Diep en stiller

Philip de JagerWanneer jy na die water luister soos dit oor klippe in die rivier kibbel, is dit dikwels lawaaierig waar die water nie diep is nie.  Waar die water dieper is, is dit dikwels stiller.  Met hierdie beeld in gedagte, wil ek skryf oor dieper en stiller.  In...

Diep en vergenoegdheid

Diep en vergenoegdheid

Philip de JagerIn DV 2026 soek ek nie na groter dinge nie.  Ook nie na meer van dit of meer dat nie.  Ek wil ook nie so besig wees om vir myself naam te maak - dat Jesus sou voel Hy is die gelukkig toeskouer by een of ander 'n celebrity show ... en hopelik kan Hy 'n...

Jy leef my raak

Jy leef my raak

Philip de JagerDaar is mense wat 'n groot indruk op ons lewe maak.  Mense wat ons raak leef.  Hul doen dit deur hulle mooi gesindheid teenoor ons, hulle hulpvaardigheid en hulle fyn ingesteldheid teenoor ons.  Daardie mense wat soms so uit die blote vir jou 'n...