O, genade!

Philip de Jager

14/05/2026

"O, genade!" sê ons wanneer iets skeefloop.  Dit is presies die regte uitroep, want genade is wat ons nodig het wanneer dinge nie uitgewerk het soos ons beplan het nie.  Genade om weer op te staan.  Genade om weer te probeer.  Genade om aan te gaan.  Ons lewe in 'n konstante genade-nood, want nie een van ons het al gearriveer nie.  Ons het genade op genade nodig, en hiervan is Jesus vol sodat ons in Hom begenadig kan word.  Genadiglik, kyk God nooit by ons verby nie, al weet ons soms nie hoe om vanweë ons mislukkings mense weer in die oë te kyk nie.  Genade is 'n skuilplek; 'n huil plek en gelukkig ook 'n plek van heil.  Watter groot troos om te weet dat daar vir ons genade is wanneer dinge ons oorval of wanneer ons in dinge faal, en hierdie genade is vir ons genoeg.

Lees

Joh. 1:16
Ef. 1:6
II Kor. 12:9

Vorige oordenkings

Diep en stiller

Diep en stiller

Philip de JagerWanneer jy na die water luister soos dit oor klippe in die rivier kibbel, is dit dikwels lawaaierig waar die water nie diep is nie.  Waar die water dieper is, is dit dikwels stiller.  Met hierdie beeld in gedagte, wil ek skryf oor dieper en stiller.  In...

Diep en vergenoegdheid

Diep en vergenoegdheid

Philip de JagerIn DV 2026 soek ek nie na groter dinge nie.  Ook nie na meer van dit of meer dat nie.  Ek wil ook nie so besig wees om vir myself naam te maak - dat Jesus sou voel Hy is die gelukkig toeskouer by een of ander 'n celebrity show ... en hopelik kan Hy 'n...

Jy leef my raak

Jy leef my raak

Philip de JagerDaar is mense wat 'n groot indruk op ons lewe maak.  Mense wat ons raak leef.  Hul doen dit deur hulle mooi gesindheid teenoor ons, hulle hulpvaardigheid en hulle fyn ingesteldheid teenoor ons.  Daardie mense wat soms so uit die blote vir jou 'n...