Vriende
Philip de Jager
Dit is 'n groot vreugde en seën om vriende te hê. Ware vriende. Vriende wat deur dik en dun by jou staan. Vriende wat saam met jou persoonlike hoogtepunte en deurbrake vier. Vriende wat jou troos en onderskraag wanneer jy deur een of ander krisis gestormloop en omgestamp word. Wat van vriende wat jy kan vertrou om saam met jou opgewonde te wees oor jou drome? Vriende wat aandagtig na jou luister en opreg belangstel wanneer jy praat. Vriende wat saam met jou bid; en ook vir jou bid - selfs wanneer jy nie eers daarvan weet nie. Goeie vriende is ook vriende wat jou waarsku of vermaan wanneer dit nodig is. Het jy sulke vriende? Hier is iets om te oorweeg: Maak 'n lys van al die eienskappe wat jy graag in jou vriende soek; 'n deeglike lys. En wanneer jy daarmee klaar is, gaan wees so vriend vir ander. Maak vrede daarmee dat omstandighede en die tyd wat verloop jou ware vriende uitwys en dat jy gaande weg leer dat betekenisvolle vriendskappe skaars is, maar tegelyk ook baie kosbaar is.
Lees
Fil. 2:4
Spr. 18:24
Vorige oordenkings
Diep en stiller
Philip de JagerWanneer jy na die water luister soos dit oor klippe in die rivier kibbel, is dit dikwels lawaaierig waar die water nie diep is nie. Waar die water dieper is, is dit dikwels stiller. Met hierdie beeld in gedagte, wil ek skryf oor dieper en stiller. In...
Diep en vergenoegdheid
Philip de JagerIn DV 2026 soek ek nie na groter dinge nie. Ook nie na meer van dit of meer dat nie. Ek wil ook nie so besig wees om vir myself naam te maak - dat Jesus sou voel Hy is die gelukkig toeskouer by een of ander 'n celebrity show ... en hopelik kan Hy 'n...
Jy leef my raak
Philip de JagerDaar is mense wat 'n groot indruk op ons lewe maak. Mense wat ons raak leef. Hul doen dit deur hulle mooi gesindheid teenoor ons, hulle hulpvaardigheid en hulle fyn ingesteldheid teenoor ons. Daardie mense wat soms so uit die blote vir jou 'n...


