Vind vreugde in klein dingetjies

Philip de Jager

10/03/2026

Die lewe is ‘n besige affêre.  ‘n Dolle gejaag na die volgende afspraak of vergadering.  Ons jaag verby goed en die lewe jaag by ons verby.  Die jaar is nog kraakvars, en miskien voel jy al doodmoeg.  Dit is die gejaag wat daartoe aanleiding gee dat ons dikwels die vreugdes van klein dingetjies misloop.  Hier by ons by die huis maak twee kwikstertjies elke dag vroegoggend hulle verskyning.  Die besoek vind nou al vir maande aaneen plaas.  Hulle kom kry iets om te eet.  Hulle stap ewe kordaat en gemaklik by die voordeur in en tjirp om ons te laat weet dat hulle hier is.  Hulle het so mak geword dat hulle glad nie wegvlieg as ons nader beweeg nie.  Dit is ‘n vreugde om die twee voëltjies elke dag te sien.  Hulle leer my opnuut om nie so te jaag nie en om die vreugde van klein dingetjies nie te verjaag nie. 

Lees

Pred. 3:13
Matt. 5:25-34

Vorige oordenkings

Diep en stiller

Diep en stiller

Philip de JagerWanneer jy na die water luister soos dit oor klippe in die rivier kibbel, is dit dikwels lawaaierig waar die water nie diep is nie.  Waar die water dieper is, is dit dikwels stiller.  Met hierdie beeld in gedagte, wil ek skryf oor dieper en stiller.  In...

Diep en vergenoegdheid

Diep en vergenoegdheid

Philip de JagerIn DV 2026 soek ek nie na groter dinge nie.  Ook nie na meer van dit of meer dat nie.  Ek wil ook nie so besig wees om vir myself naam te maak - dat Jesus sou voel Hy is die gelukkig toeskouer by een of ander 'n celebrity show ... en hopelik kan Hy 'n...

Jy leef my raak

Jy leef my raak

Philip de JagerDaar is mense wat 'n groot indruk op ons lewe maak.  Mense wat ons raak leef.  Hul doen dit deur hulle mooi gesindheid teenoor ons, hulle hulpvaardigheid en hulle fyn ingesteldheid teenoor ons.  Daardie mense wat soms so uit die blote vir jou 'n...