Vind vreugde in klein dingetjies
Philip de Jager
Die lewe is ‘n besige affêre. ‘n Dolle gejaag na die volgende afspraak of vergadering. Ons jaag verby goed en die lewe jaag by ons verby. Die jaar is nog kraakvars, en miskien voel jy al doodmoeg. Dit is die gejaag wat daartoe aanleiding gee dat ons dikwels die vreugdes van klein dingetjies misloop. Hier by ons by die huis maak twee kwikstertjies elke dag vroegoggend hulle verskyning. Die besoek vind nou al vir maande aaneen plaas. Hulle kom kry iets om te eet. Hulle stap ewe kordaat en gemaklik by die voordeur in en tjirp om ons te laat weet dat hulle hier is. Hulle het so mak geword dat hulle glad nie wegvlieg as ons nader beweeg nie. Dit is ‘n vreugde om die twee voëltjies elke dag te sien. Hulle leer my opnuut om nie so te jaag nie en om die vreugde van klein dingetjies nie te verjaag nie.
Lees
Pred. 3:13
Matt. 5:25-34
Vorige oordenkings
Word stil
Philip de JagerDie lewe is 'n besige affêre. Daar is so baie dinge wat vir ons aandag skree en altyd 'n klomp take wat aangepak en afgehandel moet word. Te veel hooi op die vurk en te min krag om dit te dra. In so besige dag klink dit na tyd mors om stil te word. ...
Jesus, liefling van my siel
Philip de JagerJare gelede het ek die liedjie leer ken: Hy's die liefling van my siel, sy Naam is Jesus. Gemeentes het dit besielend gesing en dikwels het die samesang oorgevloei in spontane aanbidding. Dit was oomblikke van diep bewondering vir hierdie Sielsbeminde...
Passievol
Philip de JagerPassievolle mense leef anders. Hierdie passie is soos 'n vlam wat in jou binneste brand, die krag wat jou dryf om alles te gee. Om enduit, voluit te leef. Dit is nie bloot 'n gevoel nie, maar 'n energie wat jou roep en dring om jou unieke doel te...


