Blydskap is anders as gelukkig wees

Philip de Jager

11/04/2026

Blydskap is anders as geluk.  Geluk is iets wat jou tref.  Blydskap is ‘n manier van leef.  Daarom maak blydskap se deure van binne af oop.  ‘n Blymoedige mens leef van binne na buite.  Daarom kan blymoedige mense ‘n tipe vreugde en vrede uitstraal ten spyte van waar hulle is; en ten spyte van dit waardeur hulle gaan.  Blydskap is nie iets wat jy vind aan die einde van ‘n soektog nie.  Nee.  Blydskap is ‘n manier van reis. Daarom het blydskap ook met vergenoegdheid te make, en sal ons dikwels sien dat hierdie mense hulle brood met eenvoud van hart geniet.  Blydskap en dankbaarheid loop ook hand aan hand.  Hierdie dankbaarheid wat in blydskap gegrondves is spreek van die genoegdoening daarvan om in oënskynlike onbeduidende dingetjies ‘n diep tevredenheid te ervaar.  Blydskap kan nie voorgegee word nie, dit spruit uit ‘n lewe van oorgawe aan Hom wat ook sorg vir die voëltjies van die hemel en die lelies van die veld beklee.

Lees

Matt. 6:25-34

Vorige oordenkings

Word stil

Word stil

Philip de JagerDie lewe is 'n besige affêre.  Daar is so baie dinge wat vir ons aandag skree en altyd 'n klomp take wat aangepak en afgehandel moet word.  Te veel hooi op die vurk en te min krag om dit te dra.  In so besige dag klink dit na tyd mors om stil te word. ...

Jesus, liefling van my siel

Jesus, liefling van my siel

Philip de JagerJare gelede het ek die liedjie leer ken: Hy's die liefling van my siel, sy Naam is Jesus.  Gemeentes het dit besielend gesing en dikwels het die samesang oorgevloei in spontane aanbidding.  Dit was oomblikke van diep bewondering vir hierdie Sielsbeminde...

Passievol

Passievol

Philip de JagerPassievolle mense leef anders.  Hierdie passie is soos 'n vlam wat in jou binneste brand, die krag wat jou dryf om alles te gee.  Om enduit, voluit te leef.  Dit is nie bloot 'n gevoel nie, maar 'n energie wat jou roep en dring om jou unieke doel te...