Gesonde en gelukkige gesinne
Philip de Jager
Die gesin is die primêre bousteen van die gemeenskap. Hoe meer gesonde en heel gesinne daar is, hoe sterker kan die positiewe uitwerking daarvan op die gemeenskap wees. Dit is ‘n groot troos en vreugde om deel van ‘n gesonde en gelukkige gesinstruktuur te wees. Gesonde en gelukkige gesinne is ‘n veilige vesting vir kinders en ‘n lekker tuiskom-plek vir ouers na ‘n lang dag se moeite.
Die gesin is die mees-basiese manier waarop God mense saambring, en wanneer gesinne saam met mekaar die Here dien is dit ‘n verruklike ervaring wat ‘n mens met onbeskryflike genoegdoening vervul. ‘n Gesonde en gelukkige gesinstruktuur stel gesinne beter in staat om die uitdagings en eise van wisselende omstandighede te hanteer.
Moeilike dinge tref ook gesonde en gelukkige gesinne, maar hulle hanteer dit anders. Daarom kan gesonde en gelukkige gesinne ook eerlik sê: “We may not have it altogether, but together we have it all.” En ons weet, dit is die Here wat ons help sodat ons ‘n gesonde en gelukkig gesin kan wees. Hy help ons om die instandhoudingswerk in ons gesin te doen en om dit op datum te hou.
Lees
Jos. 24:14, 15
Vorige oordenkings
Word stil
Philip de JagerDie lewe is 'n besige affêre. Daar is so baie dinge wat vir ons aandag skree en altyd 'n klomp take wat aangepak en afgehandel moet word. Te veel hooi op die vurk en te min krag om dit te dra. In so besige dag klink dit na tyd mors om stil te word. ...
Jesus, liefling van my siel
Philip de JagerJare gelede het ek die liedjie leer ken: Hy's die liefling van my siel, sy Naam is Jesus. Gemeentes het dit besielend gesing en dikwels het die samesang oorgevloei in spontane aanbidding. Dit was oomblikke van diep bewondering vir hierdie Sielsbeminde...
Passievol
Philip de JagerPassievolle mense leef anders. Hierdie passie is soos 'n vlam wat in jou binneste brand, die krag wat jou dryf om alles te gee. Om enduit, voluit te leef. Dit is nie bloot 'n gevoel nie, maar 'n energie wat jou roep en dring om jou unieke doel te...


