Veilig in die Here se hande

Philip de Jager

26/04/2025

Wat ‘n voorreg om te kan lewe, en daarom moet ons nie toelaat dat die lewe deur ons vingers glip nie.  Ons moet nie toelaat dat die uitdagings van die oomblik ons so verblind, verhard of verbitter dat ons hoop verpletter raak nie.  Hiermee probeer ek nie om die gewigtigheid van jou seer, of die broosheid van die lewe as niks af te maak nie.  Natuurlik gebeur dit dat ons soms oorweldig voel en nie weet of ons dit reg gaan kry om op te staan om weer te probeer nie.  Vriende, vandag wil ek julle bemoedig, die Here is ons toevlug en sterkte.  Dit maak nie saak wat ons tref nie, niks is groter as Hy wat ons in sy hand vashou nie – en niks kan ons uit sy liefdesgreep ruk nie.  Hou goeie moed, die Here is getrou.

Lees

Ps. 46:2
Rom. 8:35-39

Vorige oordenkings

Passievol

Passievol

Philip de JagerPassievolle mense leef anders.  Hierdie passie is soos 'n vlam wat in jou binneste brand, die krag wat jou dryf om alles te gee.  Om enduit, voluit te leef.  Dit is nie bloot 'n gevoel nie, maar 'n energie wat jou roep en dring om jou unieke doel te...

In iemand anders se skoene

In iemand anders se skoene

Philip de JagerEk stap fier in my eie skoene – my troue DKW's wat my dra deur dans, kerk en werk.  Hulle is nommerpas vir my en het karakter, gevorm deur elke tree wat ek gee.  Uitgeloop en gemaklik.  Hulle vertel my storie, my reis deur vele plekke en baie terreine. ...

Dit is die Here se werk

Dit is die Here se werk

Philip de JagerOns is diensknegte van die Here.  Die gawes, vermoëns en talente wat ons ontvang het is nie om vir onsself naam te maak nie, maar om daarmee tot die Here se diens te wees.  Dit is hoe Hy deur ons, die lewens van ander wil aanraak.  Wanneer ons egter ons...