Passievol en uitverkoop
Philip de Jager
Wanneer ons passievol oor iets is sal ons daaraan uitverkoop wees. Bedoelende dat ons nie verskonings sal soek om nie ons onverdeelde aandag aan die saak te gee nie. Ons het ook nie iemand nodig om ons aan ons verantwoordelikhede te herinner nie. Ons word deur die saak self gemotiveer. Daarom is hierdie passievolle toewyding meer as net ‘n vurige begeerte, dit is ‘n innerlike dryf.
Om passievol oor iets te wees en daaraan uitverkoop te wees is meer as om net ‘n belangstelling in ‘n saak te hê. Wanneer ons passievol en uitverkoop is aan die saak wil ons in dit belê met die beste van onsself, ons tyd en watter hulpbronne ons ook al tot ons beskikking het.
Vriende, ons is die Here so onverdeelde toewyding verskuldig, om ongeag waarmee ons besig is altyddeur aan Hom eer te bring (I Kor. 10:31). Tereg het iemand eenmaal opgemerk: “As ons daarvan beskuldig sou word dat ons die Here dien, sal daar genoeg bewyse gevind kan word om ons skuldig te bevind?” Genadiglik, wanneer ons soms met hierdie passievolle toewyding sukkel is Hy nogtans barmhartig teenoor ons.
Lees
Mark. 12:30
Vorige oordenkings
Word stil
Philip de JagerDie lewe is 'n besige affêre. Daar is so baie dinge wat vir ons aandag skree en altyd 'n klomp take wat aangepak en afgehandel moet word. Te veel hooi op die vurk en te min krag om dit te dra. In so besige dag klink dit na tyd mors om stil te word. ...
Jesus, liefling van my siel
Philip de JagerJare gelede het ek die liedjie leer ken: Hy's die liefling van my siel, sy Naam is Jesus. Gemeentes het dit besielend gesing en dikwels het die samesang oorgevloei in spontane aanbidding. Dit was oomblikke van diep bewondering vir hierdie Sielsbeminde...
Passievol
Philip de JagerPassievolle mense leef anders. Hierdie passie is soos 'n vlam wat in jou binneste brand, die krag wat jou dryf om alles te gee. Om enduit, voluit te leef. Dit is nie bloot 'n gevoel nie, maar 'n energie wat jou roep en dring om jou unieke doel te...


