Stormsterk

Soms beleef ons sterk storms … teleurstelling, siekte, behoefte, swaar emosionele lading, ensovoorts.  Wanneer hierdie storms of tref wonder ons soms of ons dit gaan maak?  Ons vra selfs: “Waar is die Here?  Gee Hy nie vir my om nie?”  Dit is moontlik om stormsterk te wees – Jesus leer ons hoe.

Preke in die reeks

Ons lees in Mark. 4:35-41 van die sterk storm wat losgebreek het; en dat Jesus geslaap het terwyl die storm gewoed het en die dissipels gedink het hulle sal vergaan.  Jesus leer ons om nie bang te wees nie, maar om stormsterk te wees.

Jesus het sy dissipels gevra of hulle dan geen geloof het nie (Mark. 4:40)?  Wat is die geloof waarna Jesus vra?

Leer ons in Mark. 4:35-41 iets oor geestelike outoriteit?  Verder, wanneer Paulus skryf dat daar ‘n geestelike stryd is wat gevoer word en dat ons geestelike wapens tot ons beskikking het – beteken dit dat ons geestelike outoriteit het?