Dit is die Here se werk

Philip de Jager

14/05/2026

Ons is diensknegte van die Here.  Die gawes, vermoëns en talente wat ons ontvang het is nie om vir onsself naam te maak nie, maar om daarmee tot die Here se diens te wees.  Dit is hoe Hy deur ons, die lewens van ander wil aanraak.  Wanneer ons egter ons begaafdheid wil gebruik soos 'n verhoog om die middelpunt van aandag te wees, het ons 'n baie kort speelvak.  In hierdie tipe egoïstiese en selfvoldane skouspel hou populariteit net totdat die volgende gier of groot naam op 'n mensgemaakte verhoog verskyn.  Wanneer ons egter ons vaardighede aan die Here toevertrou om daarmee tot Sy diens te wees, dan gebeur daar dikwels dinge met 'n ewige impak.  Hierdie impak word nie bereken in terme van "likes" en "shares" nie, want die ewigheid kan nie geweeg of gemeet word nie.  Is dit nie mooi - en kosbaar - om te sien hoe die Here mense se lewens aanraak nie?  Ons sal nooit in staat kan wees om te bepaal wat die omvattende waarde van die Here se werk in mense lewens is nie, al gebruik Hy mense om mense te bereik.

Lees

I Pet. 4:10
I Kor. 12:4-11

Vorige oordenkings

Diep en stiller

Diep en stiller

Philip de JagerWanneer jy na die water luister soos dit oor klippe in die rivier kibbel, is dit dikwels lawaaierig waar die water nie diep is nie.  Waar die water dieper is, is dit dikwels stiller.  Met hierdie beeld in gedagte, wil ek skryf oor dieper en stiller.  In...

Diep en vergenoegdheid

Diep en vergenoegdheid

Philip de JagerIn DV 2026 soek ek nie na groter dinge nie.  Ook nie na meer van dit of meer dat nie.  Ek wil ook nie so besig wees om vir myself naam te maak - dat Jesus sou voel Hy is die gelukkig toeskouer by een of ander 'n celebrity show ... en hopelik kan Hy 'n...

Jy leef my raak

Jy leef my raak

Philip de JagerDaar is mense wat 'n groot indruk op ons lewe maak.  Mense wat ons raak leef.  Hul doen dit deur hulle mooi gesindheid teenoor ons, hulle hulpvaardigheid en hulle fyn ingesteldheid teenoor ons.  Daardie mense wat soms so uit die blote vir jou 'n...