In iemand anders se skoene

Philip de Jager

06/06/2026

Ek stap fier in my eie skoene – my troue DKW's wat my dra deur dans, kerk en werk.  Hulle is nommerpas vir my en het karakter, gevorm deur elke tree wat ek gee.  Uitgeloop en gemaklik.  Hulle vertel my storie, my reis deur vele plekke en baie terreine.  Tog lê die uitdaging daarin om my voete uit my eie skoene te lig en in iemand anders s’n te glip.  Om die wêreld deur hulle oë te sien, hulle pyn te voel, hulle vreugde te proe.  En om dit te kan doen vra moed en genade.  Julle sien, in my eie skoene ken ek myself, maar in iemand anders se skoene leer ek die hart van medemenslikheid ken.  Ek verkies die woord ewemenslikheid.  Kortom: Om ander beter te verstaan en te ondersteun, moet ons bereid wees om vir ’n oomblik in hulle skoene staan.  Die lewe lyk anders; voel anders, wanneer ons in iemand anders se skoene die pad stap.  Hopelik sal ons leer wanneer ons in hulle skoene stap dat ons nie net genade moet praat nie, maar moet leef.

Lees

Gal. 6:2