In iemand anders se skoene

Philip de Jager

11/04/2026

Ek stap fier in my eie skoene – my troue DKW’s wat my dra deur dans, kerk en werk.  Hulle is nommerpas vir my en het karakter, gevorm deur elke tree wat ek gee.  Uitgeloop en gemaklik.  Hulle vertel my storie, my reis deur vele plekke en baie terreine.  Tog lê die uitdaging daarin om my voete uit my eie skoene te lig en in iemand anders s’n te glip.  Om die wêreld deur hulle oë te sien, hulle pyn te voel, hulle vreugde te proe.  En om dit te kan doen vra moed en genade.  Julle sien, in my eie skoene ken ek myself, maar in iemand anders se skoene leer ek die hart van medemenslikheid ken.  Ek verkies die woord ewemenslikheid.  Kortom: Om ander beter te verstaan en te ondersteun, moet ons bereid wees om vir ’n oomblik in hulle skoene staan.  Die lewe lyk anders; voel anders, wanneer ons in iemand anders se skoene die pad stap.  Hopelik sal ons leer wanneer ons in hulle skoene stap dat ons nie net genade moet praat nie, maar moet leef.

Lees

Gal. 6:2

Vorige oordenkings

Dit is die Here se werk

Dit is die Here se werk

Philip de JagerOns is diensknegte van die Here.  Die gawes, vermoëns en talente wat ons ontvang het is nie om vir onsself naam te maak nie, maar om daarmee tot die Here se diens te wees.  Dit is hoe Hy deur ons, die lewens van ander wil aanraak.  Wanneer ons egter ons...

Passievol en uitverkoop

Passievol en uitverkoop

Philip de JagerWanneer ons passievol oor iets is sal ons daaraan uitverkoop wees.  Bedoelende dat ons nie verskonings sal soek om nie ons onverdeelde aandag aan die saak te gee nie.  Ons het ook nie iemand nodig om ons aan ons verantwoordelikhede te herinner nie.  Ons...

Veilig in die Here se hande

Veilig in die Here se hande

Philip de JagerWat 'n voorreg om te kan lewe, en daarom moet ons nie toelaat dat die lewe deur ons vingers glip nie.  Ons moet nie toelaat dat die uitdagings van die oomblik ons so verblind, verhard of verbitter dat ons hoop verpletter raak nie.  Hiermee probeer ek...