In iemand anders se skoene

Philip de Jager

10/03/2026

Ek stap fier in my eie skoene – my troue DKW’s wat my dra deur dans, kerk en werk.  Hulle is nommerpas vir my en het karakter, gevorm deur elke tree wat ek gee.  Uitgeloop en gemaklik.  Hulle vertel my storie, my reis deur vele plekke en baie terreine.  Tog lê die uitdaging daarin om my voete uit my eie skoene te lig en in iemand anders s’n te glip.  Om die wêreld deur hulle oë te sien, hulle pyn te voel, hulle vreugde te proe.  En om dit te kan doen vra moed en genade.  Julle sien, in my eie skoene ken ek myself, maar in iemand anders se skoene leer ek die hart van medemenslikheid ken.  Ek verkies die woord ewemenslikheid.  Kortom: Om ander beter te verstaan en te ondersteun, moet ons bereid wees om vir ’n oomblik in hulle skoene staan.  Die lewe lyk anders; voel anders, wanneer ons in iemand anders se skoene die pad stap.  Hopelik sal ons leer wanneer ons in hulle skoene stap dat ons nie net genade moet praat nie, maar moet leef.

Lees

Gal. 6:2

Vorige oordenkings

Word stil

Word stil

Philip de JagerDie lewe is 'n besige affêre.  Daar is so baie dinge wat vir ons aandag skree en altyd 'n klomp take wat aangepak en afgehandel moet word.  Te veel hooi op die vurk en te min krag om dit te dra.  In so besige dag klink dit na tyd mors om stil te word. ...

Jesus, liefling van my siel

Jesus, liefling van my siel

Philip de JagerJare gelede het ek die liedjie leer ken: Hy's die liefling van my siel, sy Naam is Jesus.  Gemeentes het dit besielend gesing en dikwels het die samesang oorgevloei in spontane aanbidding.  Dit was oomblikke van diep bewondering vir hierdie Sielsbeminde...

Passievol

Passievol

Philip de JagerPassievolle mense leef anders.  Hierdie passie is soos 'n vlam wat in jou binneste brand, die krag wat jou dryf om alles te gee.  Om enduit, voluit te leef.  Dit is nie bloot 'n gevoel nie, maar 'n energie wat jou roep en dring om jou unieke doel te...