Passievol
Philip de Jager
Passievolle mense leef anders. Hierdie passie is soos ‘n vlam wat in jou binneste brand, die krag wat jou dryf om alles te gee. Om enduit, voluit te leef. Dit is nie bloot ‘n gevoel nie, maar ‘n energie wat jou roep en dring om jou unieke doel te ontdek, ontwikkel en ontplooi. Wanneer jy met passie leef, word die alledaagse besonders, en selfs die kleinste taak kry betekenis.
Passie vereis egter ook opoffering, en dit is nie aldag maklik om te volg waarheen dit lei jou nie. Soms beteken dit om gemak prys te gee. Soms om werk te maak van iets wat vir ander dalk onbenullig is. Dit is passie wat daartoe lei dat jy volhard wanneer ander sê dit is beter om op te gee. Boonop, is dit juis in daardie oomblikke van stryd dat passie sy ware krag toon. Dit is dus duidelik: Om passievol te leef is om met hoop besiel te wees.
Passievolle mense leef met intensionaliteit. Dit is om te weier om halfhartig deur die lewe te gaan. Dit beteken nie dat jy altyd alles perfek sal doen nie – passie is nie perfeksie nie, dit is toewyding. Dit is die bereidwilligheid om te val en weer op te staan, om te leer en te groei. Kyk na die natuur: ‘n rivier sny deur rotse, nie omdat dit kragtig is nie, maar omdat dit aanhou vloei. So is passie ook – dit is volharding met ‘n hartslag. Jy kan nie iets laat opvlam as daar nie vooraf reeds ‘n vlam in jou brand nie.
Lees
I Kor. 9:26, 27
Vorige oordenkings
Word stil
Philip de JagerDie lewe is 'n besige affêre. Daar is so baie dinge wat vir ons aandag skree en altyd 'n klomp take wat aangepak en afgehandel moet word. Te veel hooi op die vurk en te min krag om dit te dra. In so besige dag klink dit na tyd mors om stil te word. ...
Jesus, liefling van my siel
Philip de JagerJare gelede het ek die liedjie leer ken: Hy's die liefling van my siel, sy Naam is Jesus. Gemeentes het dit besielend gesing en dikwels het die samesang oorgevloei in spontane aanbidding. Dit was oomblikke van diep bewondering vir hierdie Sielsbeminde...
In iemand anders se skoene
Philip de JagerEk stap fier in my eie skoene – my troue DKW's wat my dra deur dans, kerk en werk. Hulle is nommerpas vir my en het karakter, gevorm deur elke tree wat ek gee. Uitgeloop en gemaklik. Hulle vertel my storie, my reis deur vele plekke en baie terreine. ...


