Jesus, liefling van my siel

Philip de Jager

10/03/2026

Jare gelede het ek die liedjie leer ken: Hy’s die liefling van my siel, sy Naam is Jesus.  Gemeentes het dit besielend gesing en dikwels het die samesang oorgevloei in spontane aanbidding.  Dit was oomblikke van diep bewondering vir hierdie Sielsbeminde wat ons Saligmaker is.  Hy is ons Jesus.  Hy is ons Here.  Ja, Hy is aanbiddenswaardig.

God het ons so liefgehad dat Hy sy Seun vir ons gegee het (Joh. 3:16).  En Jesus het Homself liefdevol vir ons oorgegee (Ef. 5:2).  Groter liefde het niemand as dit nie (Joh. 15:13).  Selfs ons liefde vir Hom is nie ons eie maaksel nie, want die belydenis en verklaring van ons liefde vir Hom is die gevolg van sy liefde vir ons.  Ja, ons het Hom lief omdat Hy ons eerste liefgehad het (I Joh. 4:19).

Vriende, Hy is niks minder as ons totale oorgawe waardig nie.  Daardie algehele oorgawe wat verduidelik kan word as ‘n liefde “uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag” (Mark. 12:30).  Hy was bereid om vir ons te sterf.  Sal ons dan bereid wees om vir Hom te leef – en só vir Hom te leef dat ons lewens die getuienis dra dat Hy die liefling van ons siele is?!

Lees

Joh. 3:16
Rom. 5:8
I Joh. 4:19

Vorige oordenkings

Diep en stiller

Diep en stiller

Philip de JagerWanneer jy na die water luister soos dit oor klippe in die rivier kibbel, is dit dikwels lawaaierig waar die water nie diep is nie.  Waar die water dieper is, is dit dikwels stiller.  Met hierdie beeld in gedagte, wil ek skryf oor dieper en stiller.  In...

Diep en vergenoegdheid

Diep en vergenoegdheid

Philip de JagerIn DV 2026 soek ek nie na groter dinge nie.  Ook nie na meer van dit of meer dat nie.  Ek wil ook nie so besig wees om vir myself naam te maak - dat Jesus sou voel Hy is die gelukkig toeskouer by een of ander 'n celebrity show ... en hopelik kan Hy 'n...

Jy leef my raak

Jy leef my raak

Philip de JagerDaar is mense wat 'n groot indruk op ons lewe maak.  Mense wat ons raak leef.  Hul doen dit deur hulle mooi gesindheid teenoor ons, hulle hulpvaardigheid en hulle fyn ingesteldheid teenoor ons.  Daardie mense wat soms so uit die blote vir jou 'n...