Jesus, liefling van my siel
Philip de Jager
Jare gelede het ek die liedjie leer ken: Hy’s die liefling van my siel, sy Naam is Jesus. Gemeentes het dit besielend gesing en dikwels het die samesang oorgevloei in spontane aanbidding. Dit was oomblikke van diep bewondering vir hierdie Sielsbeminde wat ons Saligmaker is. Hy is ons Jesus. Hy is ons Here. Ja, Hy is aanbiddenswaardig.
God het ons so liefgehad dat Hy sy Seun vir ons gegee het (Joh. 3:16). En Jesus het Homself liefdevol vir ons oorgegee (Ef. 5:2). Groter liefde het niemand as dit nie (Joh. 15:13). Selfs ons liefde vir Hom is nie ons eie maaksel nie, want die belydenis en verklaring van ons liefde vir Hom is die gevolg van sy liefde vir ons. Ja, ons het Hom lief omdat Hy ons eerste liefgehad het (I Joh. 4:19).
Vriende, Hy is niks minder as ons totale oorgawe waardig nie. Daardie algehele oorgawe wat verduidelik kan word as ‘n liefde “uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag” (Mark. 12:30). Hy was bereid om vir ons te sterf. Sal ons dan bereid wees om vir Hom te leef – en só vir Hom te leef dat ons lewens die getuienis dra dat Hy die liefling van ons siele is?!
Lees
Joh. 3:16
Rom. 5:8
I Joh. 4:19
Vorige oordenkings
Dit is die Here se werk
Philip de JagerOns is diensknegte van die Here. Die gawes, vermoëns en talente wat ons ontvang het is nie om vir onsself naam te maak nie, maar om daarmee tot die Here se diens te wees. Dit is hoe Hy deur ons, die lewens van ander wil aanraak. Wanneer ons egter ons...
Passievol en uitverkoop
Philip de JagerWanneer ons passievol oor iets is sal ons daaraan uitverkoop wees. Bedoelende dat ons nie verskonings sal soek om nie ons onverdeelde aandag aan die saak te gee nie. Ons het ook nie iemand nodig om ons aan ons verantwoordelikhede te herinner nie. Ons...
Veilig in die Here se hande
Philip de JagerWat 'n voorreg om te kan lewe, en daarom moet ons nie toelaat dat die lewe deur ons vingers glip nie. Ons moet nie toelaat dat die uitdagings van die oomblik ons so verblind, verhard of verbitter dat ons hoop verpletter raak nie. Hiermee probeer ek...


