Word stil
Philip de Jager
Die lewe is ‘n besige affêre. Daar is so baie dinge wat vir ons aandag skree en altyd ‘n klomp take wat aangepak en afgehandel moet word. Te veel hooi op die vurk en te min krag om dit te dra. In so besige dag klink dit na tyd mors om stil te word. Wanneer ons egter intensioneel is ten opsigte van ons tye van stilte, bepeinsing, refleksie en afsondering is dit beslis nie ‘n mors van tyd nie. Inteendeel, dit is ‘n wyse besteding van jou tyd. Jy kan dit werklik ‘n belegging noem, want die voordele wat daaruit spruit verryk jou lewe, verruim jou insig en verbeter jou onderskeiding. Roep jou binnemens tot bedaring.
Lees
Ps. 5:4
Mark. 6:31
Vorige oordenkings
Diep en stiller
Philip de JagerWanneer jy na die water luister soos dit oor klippe in die rivier kibbel, is dit dikwels lawaaierig waar die water nie diep is nie. Waar die water dieper is, is dit dikwels stiller. Met hierdie beeld in gedagte, wil ek skryf oor dieper en stiller. In...
Diep en vergenoegdheid
Philip de JagerIn DV 2026 soek ek nie na groter dinge nie. Ook nie na meer van dit of meer dat nie. Ek wil ook nie so besig wees om vir myself naam te maak - dat Jesus sou voel Hy is die gelukkig toeskouer by een of ander 'n celebrity show ... en hopelik kan Hy 'n...
Jy leef my raak
Philip de JagerDaar is mense wat 'n groot indruk op ons lewe maak. Mense wat ons raak leef. Hul doen dit deur hulle mooi gesindheid teenoor ons, hulle hulpvaardigheid en hulle fyn ingesteldheid teenoor ons. Daardie mense wat soms so uit die blote vir jou 'n...


