Word stil
Philip de Jager
Die lewe is 'n besige affêre. Daar is so baie dinge wat vir ons aandag skree en altyd 'n klomp take wat aangepak en afgehandel moet word. Te veel hooi op die vurk en te min krag om dit te dra. In so besige dag klink dit na tyd mors om stil te word. Wanneer ons egter intensioneel is ten opsigte van ons tye van stilte, bepeinsing, refleksie en afsondering is dit beslis nie 'n mors van tyd nie. Inteendeel, dit is 'n wyse besteding van jou tyd. Jy kan dit werklik 'n belegging noem, want die voordele wat daaruit spruit verryk jou lewe, verruim jou insig en verbeter jou onderskeiding. Roep jou binnemens tot bedaring.
Lees
Ps. 5:4
Mark. 6:31
Vorige oordenkings
Dit is die Here se werk
Philip de JagerOns is diensknegte van die Here. Die gawes, vermoëns en talente wat ons ontvang het is nie om vir onsself naam te maak nie, maar om daarmee tot die Here se diens te wees. Dit is hoe Hy deur ons, die lewens van ander wil aanraak. Wanneer ons egter ons...
Passievol en uitverkoop
Philip de JagerWanneer ons passievol oor iets is sal ons daaraan uitverkoop wees. Bedoelende dat ons nie verskonings sal soek om nie ons onverdeelde aandag aan die saak te gee nie. Ons het ook nie iemand nodig om ons aan ons verantwoordelikhede te herinner nie. Ons...
Veilig in die Here se hande
Philip de JagerWat 'n voorreg om te kan lewe, en daarom moet ons nie toelaat dat die lewe deur ons vingers glip nie. Ons moet nie toelaat dat die uitdagings van die oomblik ons so verblind, verhard of verbitter dat ons hoop verpletter raak nie. Hiermee probeer ek...


