Word stil

Philip de Jager

11/04/2026

Die lewe is ‘n besige affêre.  Daar is so baie dinge wat vir ons aandag skree en altyd ‘n klomp take wat aangepak en afgehandel moet word.  Te veel hooi op die vurk en te min krag om dit te dra.  In so besige dag klink dit na tyd mors om stil te word.  Wanneer ons egter intensioneel is ten opsigte van ons tye van stilte, bepeinsing, refleksie en afsondering is dit beslis nie ‘n mors van tyd nie.  Inteendeel, dit is ‘n wyse besteding van jou tyd.  Jy kan dit werklik ‘n belegging noem, want die voordele wat daaruit spruit verryk jou lewe, verruim jou insig en verbeter jou onderskeiding.  Roep jou binnemens tot bedaring.   

Lees

Ps. 5:4
Mark. 6:31

Vorige oordenkings

Jesus, liefling van my siel

Jesus, liefling van my siel

Philip de JagerJare gelede het ek die liedjie leer ken: Hy's die liefling van my siel, sy Naam is Jesus.  Gemeentes het dit besielend gesing en dikwels het die samesang oorgevloei in spontane aanbidding.  Dit was oomblikke van diep bewondering vir hierdie Sielsbeminde...

Passievol

Passievol

Philip de JagerPassievolle mense leef anders.  Hierdie passie is soos 'n vlam wat in jou binneste brand, die krag wat jou dryf om alles te gee.  Om enduit, voluit te leef.  Dit is nie bloot 'n gevoel nie, maar 'n energie wat jou roep en dring om jou unieke doel te...

In iemand anders se skoene

In iemand anders se skoene

Philip de JagerEk stap fier in my eie skoene – my troue DKW's wat my dra deur dans, kerk en werk.  Hulle is nommerpas vir my en het karakter, gevorm deur elke tree wat ek gee.  Uitgeloop en gemaklik.  Hulle vertel my storie, my reis deur vele plekke en baie terreine. ...