Word stil

Philip de Jager

06/10/2026

Die lewe is 'n besige affêre.  Daar is so baie dinge wat vir ons aandag skree en altyd 'n klomp take wat aangepak en afgehandel moet word.  Te veel hooi op die vurk en te min krag om dit te dra.  In so besige dag klink dit na tyd mors om stil te word.  Wanneer ons egter intensioneel is ten opsigte van ons tye van stilte, bepeinsing, refleksie en afsondering is dit beslis nie 'n mors van tyd nie.  Inteendeel, dit is 'n wyse besteding van jou tyd.  Jy kan dit werklik 'n belegging noem, want die voordele wat daaruit spruit verryk jou lewe, verruim jou insig en verbeter jou onderskeiding.  Roep jou binnemens tot bedaring.   

Lees

Ps. 5:4
Mark. 6:31