Jy leef my raak

Philip de Jager

10/03/2026

Daar is mense wat ‘n groot indruk op ons lewe maak.  Mense wat ons raak leef.  Hul doen dit deur hulle mooi gesindheid teenoor ons, hulle hulpvaardigheid en hulle fyn ingesteldheid teenoor ons.  Daardie mense wat soms so uit die blote vir jou ‘n boodskap stuur omdat hulle aan jou dink.  Ook daardie mense wat jou aanmoedig om dieper te leef en jou potensiaal uit te leef.

Om mekaar raak te leef is ‘n onselfsugtige manier van leef.  Dit  is ‘n manier van leef waarin die een die ander hoër ag as homself.  Dit is ‘n manier van leef wat daarop ingestel is om mekaar tot liefde en goeie werke aan te spoor – en dan ook nie deur mekaar se suksesse of prestasies bedreig voel nie, maar dit saam met mekaar kan geniet en vier.

Neem vandag die persoonlike besluit: Ek wil die voorbeeld van Jesus uitleef om ander mense raak te leef.  In ‘n wêreld waar dit soms bleik asof die agenda eerder is om op mekaar te trap en te vertrap en mekaar met woorde te verskeur – neem ek die intensionele besluit om anders te leef.  Om mense sagkens raak te leef deur die gesindheid van Jesus Christus uit te leef.  Soms sal dit in die verbygaan gebeur en ander male sal dit wees om by mense vir ‘n oomblik stil te staan … vir ‘n oomblik of langer – nogtans altyd met die begeerte om hulle deur middel van Jesus se voorbeeld raak te leef.

Lees

Fil. 2:3-5

Vorige oordenkings

Jesus, liefling van my siel

Jesus, liefling van my siel

Philip de JagerJare gelede het ek die liedjie leer ken: Hy's die liefling van my siel, sy Naam is Jesus.  Gemeentes het dit besielend gesing en dikwels het die samesang oorgevloei in spontane aanbidding.  Dit was oomblikke van diep bewondering vir hierdie Sielsbeminde...

Passievol

Passievol

Philip de JagerPassievolle mense leef anders.  Hierdie passie is soos 'n vlam wat in jou binneste brand, die krag wat jou dryf om alles te gee.  Om enduit, voluit te leef.  Dit is nie bloot 'n gevoel nie, maar 'n energie wat jou roep en dring om jou unieke doel te...

In iemand anders se skoene

In iemand anders se skoene

Philip de JagerEk stap fier in my eie skoene – my troue DKW's wat my dra deur dans, kerk en werk.  Hulle is nommerpas vir my en het karakter, gevorm deur elke tree wat ek gee.  Uitgeloop en gemaklik.  Hulle vertel my storie, my reis deur vele plekke en baie terreine. ...