Diep en vergenoegdheid
Philip de Jager
In DV 2026 soek ek nie na groter dinge nie. Ook nie na meer van dit of meer dat nie. Ek wil ook nie so besig wees om vir myself naam te maak – dat Jesus sou voel Hy is die gelukkig toeskouer by een of ander ‘n celebrity show … en hopelik kan Hy ‘n selfie saam met my kry – hashtag and all. Ek soek ook nie na hoër platforms of harder mikrofone nie; ook nie ligte wat op my skyn … en neem tog kennis van my cool outfit nie. Ek gaan ook nie die score card met die likes” dophou – soos iemand wat hoop sy perd is die wenner van die Durban July nie.
Ek wil dieper leef. Dieper. En steeds dieper.
Hierdie dieper is die vrug van vergenoegdheid. Is dit tog nie logies nie. Wanneer ek vergenoeg is met wat ek het, het ek tog nie meer as dit nodig nie. En ons kan waarlik met minder oor die weg kom. Van Jesus, egter, kan ek nie te veel te kry nie. Hierdie meer van Hom, dit is wat my dieper maak. Dit is die diepte waarna ek smag.
Nee, ek is nie pessimisties oor die lewe nie. En ook nie besig met die verering van armoede nie. Dit beteken ook nie dat ek nie ‘n visie vir die lewe het nie; of dat ek nie sekere intensionele doelwitte het nie. Maar dit beteken beslis dat ek my motiewe ondersoek …
Lees
Fil. 4:11 (AFR53)
Vorige oordenkings
Diep en stiller
Philip de JagerWanneer jy na die water luister soos dit oor klippe in die rivier kibbel, is dit dikwels lawaaierig waar die water nie diep is nie. Waar die water dieper is, is dit dikwels stiller. Met hierdie beeld in gedagte, wil ek skryf oor dieper en stiller. In...
Jy leef my raak
Philip de JagerDaar is mense wat 'n groot indruk op ons lewe maak. Mense wat ons raak leef. Hul doen dit deur hulle mooi gesindheid teenoor ons, hulle hulpvaardigheid en hulle fyn ingesteldheid teenoor ons. Daardie mense wat soms so uit die blote vir jou 'n...
Word stil
Philip de JagerDie lewe is 'n besige affêre. Daar is so baie dinge wat vir ons aandag skree en altyd 'n klomp take wat aangepak en afgehandel moet word. Te veel hooi op die vurk en te min krag om dit te dra. In so besige dag klink dit na tyd mors om stil te word. ...


