Diep en stiller
Philip de Jager
Wanneer jy na die water luister soos dit oor klippe in die rivier kibbel, is dit dikwels lawaaierig waar die water nie diep is nie. Waar die water dieper is, is dit dikwels stiller. Met hierdie beeld in gedagte, wil ek skryf oor dieper en stiller.
In 2026 wil ek dieper leef. Dieper in my toewyding aan die Here. Dieper in my begrip van genade en barmhartigheid. Dieper in my aanvoeling teenoor die Heilige Gees. Ek wil nie ‘n lawaai opskop met my opinies oor alles en almal nie. Dit beteken nie dat ek nie oortuigings of ‘n bepaalde morele belyning het nie, maar ek wil die diepte daarvan ondersoek. En ek wil dit ondersoek met ‘n bewustheid van die teenwoordigheid van God en in bedagsaamheid teenoor mense.
Ek wil dieper leef, want ons wêreld het te lawaaierig geraak. En in die geraas word die noodroep van mense nie altyd gehoor nie. Tog vind ek plek-plek hierdie hoop: dat ‘n dieper ontmoeting sal plaasvind – waar die dieptes van menslike nood en die dieptes van God se genade mekaar kan ontmoet. Hierdie ontmoeting lei tot diep dankbaarheid, die tipe dankbaarheid waarsonder ons nie kan klaarkom nie.
Lees
Ps. 27:4 (AFR53)
Vorige oordenkings
Diep en vergenoegdheid
Philip de JagerIn DV 2026 soek ek nie na groter dinge nie. Ook nie na meer van dit of meer dat nie. Ek wil ook nie so besig wees om vir myself naam te maak - dat Jesus sou voel Hy is die gelukkig toeskouer by een of ander 'n celebrity show ... en hopelik kan Hy 'n...
Jy leef my raak
Philip de JagerDaar is mense wat 'n groot indruk op ons lewe maak. Mense wat ons raak leef. Hul doen dit deur hulle mooi gesindheid teenoor ons, hulle hulpvaardigheid en hulle fyn ingesteldheid teenoor ons. Daardie mense wat soms so uit die blote vir jou 'n...
Word stil
Philip de JagerDie lewe is 'n besige affêre. Daar is so baie dinge wat vir ons aandag skree en altyd 'n klomp take wat aangepak en afgehandel moet word. Te veel hooi op die vurk en te min krag om dit te dra. In so besige dag klink dit na tyd mors om stil te word. ...


