Philip de Jager
Sê dit - spreek jou waardering uit
Ons moet leer om ons waardering uit te spreek, want waardering is uitdrukkings van ons dankbaarheid teenoor mense – en dat ons nie dit wat hulle doen as vanselfsprekend aanvaar nie. Om waardering uit te spreek beteken dus dat ons raaksien dat mense uit hulle pad gaan om vir ons ‘n seën te wees. En miskien laat hulle dit wat hulle doen, moeitevry lyk, maar ons besef nie altyd watter opofferings hulle dalk maak terwille van ons gerief en die sukses van ‘n saak nie. Daarom is waardering gepas. Om waardering uit te spreek beteken dat ons aan mense sê dat hulle bedagsaamheid teenoor ons, vir ons betekenisvol is en dat ons hulle moeite raaksien.
Waardering wat uitgespreek word skep ruimte vir verhoudings om te groei. Moet nie net stil-dankbaar wees nie – sê iets … sê dat jy dit wat mense vir jou doen waardeer. In die hedendaagse verbruikerskultuur het dankie-sê ‘n skaars kommoditeit geword, daarom sal mense wat waardering uitspreek – die seën van sterker verhoudings geniet. En dit is ware rykdom.
Vriende, ons moet waaksaam wees dat die beheptheid met dit wat ons sogenaamd toekom en die eer wat ons waardig geag moet word, ons nie emosioneel afgestomp en gewoon onbeskof maak nie. Spreek jou waardering uit. Terloops, ek bedoel nie dat ons ‘n spesiale dag van waardering moet uitroep nie, want dan mis ons moontlik die hele punt daarvan dat ons ‘n leefstyl van waardering moet adem.
Lees
Kol. 4:6
Hebr. 10:24
Vorige oordenkings
Diep en stiller
Philip de JagerWanneer jy na die water luister soos dit oor klippe in die rivier kibbel, is dit dikwels lawaaierig waar die water nie diep is nie. Waar die water dieper is, is dit dikwels stiller. Met hierdie beeld in gedagte, wil ek skryf oor dieper en stiller. In...
Diep en vergenoegdheid
Philip de JagerIn DV 2026 soek ek nie na groter dinge nie. Ook nie na meer van dit of meer dat nie. Ek wil ook nie so besig wees om vir myself naam te maak - dat Jesus sou voel Hy is die gelukkig toeskouer by een of ander 'n celebrity show ... en hopelik kan Hy 'n...
Jy leef my raak
Philip de JagerDaar is mense wat 'n groot indruk op ons lewe maak. Mense wat ons raak leef. Hul doen dit deur hulle mooi gesindheid teenoor ons, hulle hulpvaardigheid en hulle fyn ingesteldheid teenoor ons. Daardie mense wat soms so uit die blote vir jou 'n...


