Philip de Jager
Eenvoud maak saak
Ek wil myself intensioneel daarop instel om die skoonheid en pretensieloosheid van eenvoud raak te sien, te waardeer en te geniet. Ons leef in ’n wêreld wat ons leer om altyd meer te wil hê … meer geld, meer besittings en meer erkenning. Tóg kan ons met soveel minder oor die weg kom.
“The one who dies with the most toys wins” is ’n uitdrukking wat aan Malcolm Forbes toegeskryf geword. Die betekenis spreek boekdele: maak nie saak hoeveel jy bymekaarmaak nie, jy kan dit nie op daardie finale oomblik saam met jou neem nie. Dit roep ons om dinge soos verhoudings en belewenisse bo die onversadigbare sug na meer en groter te prioritiseer.
Eenvoud is nie armoede nie – dit is vryheid. Dit bevry my van die druk om myself met ander te vergelyk en te kompeteer, of om te voel dat ek myself moet bewys. Eenvoud herinner my dat die lewe se diepste vreugdes dikwels in klein oomblikke vasgevang word; soos elke dag se oggendkoffie saam met my vrou. Dit laat my besef: wanneer ek eenvoud kies, dui dit aan dat my voorkeur op teenwoordigheid val en die genoegdoening wat daaruit spruit – die vreugde om regtig betekenisvol te connect.
Vriende, God kruip nie in ingewikkelde raaisels weg nie. Hy laat Hom deur ons in die eenvoud van die lewe vind. Daarom wil ek met ‘n oop hart die heilige skoonheid van eenvoud geniet.
Vorige oordenkings
Diep en vergenoegdheid
Philip de JagerIn DV 2026 soek ek nie na groter dinge nie. Ook nie na meer van dit of meer dat nie. Ek wil ook nie so besig wees om vir myself naam te maak - dat Jesus sou voel Hy is die gelukkig toeskouer by een of ander 'n celebrity show ... en hopelik kan Hy 'n...
Jy leef my raak
Philip de JagerDaar is mense wat 'n groot indruk op ons lewe maak. Mense wat ons raak leef. Hul doen dit deur hulle mooi gesindheid teenoor ons, hulle hulpvaardigheid en hulle fyn ingesteldheid teenoor ons. Daardie mense wat soms so uit die blote vir jou 'n...
Word stil
Philip de JagerDie lewe is 'n besige affêre. Daar is so baie dinge wat vir ons aandag skree en altyd 'n klomp take wat aangepak en afgehandel moet word. Te veel hooi op die vurk en te min krag om dit te dra. In so besige dag klink dit na tyd mors om stil te word. ...


