Philip de Jager

26 Jan, 2026

Nederigheid

"'n Persoon wat baie van homself dink, het nie baie gedink nie" was die wyse woorde van Christy Brits, in 1992 by 'n vergadering.  Ek was toe 'n jong pastoortjie, pas uit die Bybelskool.  Hierdie woorde het 'n blywende indruk op my gemaak.  C.S. Lewis het gekryf: "Humility is not thinking less of yourself, it’s thinking of yourself less."  Lewis Sperry Chafer (1871–1952), ’n invloedryke Amerikaanse teoloog, predikant en opvoedkundige wat in 1924 die Dallas Teologiese Seminarium (DTS) gestig het, het die volgende oor nederigheid geskryf: “Humility is a divine characteristic to be found in human hearts only as inwrought by the Spirit of God. It is far removed from self-depreciation or an inferiority complex.  He who seeks not his own interest, but solely God`s interest, in time and eternity, he is humble.”

Die volmaakte beskrywing van wat nederigheid is, vind ons egter in die karakter van Christus - wat Hy vir ons as voorbeeld gee om na te volg.  En hierdie navolgenswaardige voorbeeld van Christus ten opsigte van wat nederigheid is, is onselfsugtige offervaardigheid om die wil van God van harte te doen.  Om myself tot God se beskikking te stel, om te doen wat Hy van my verwag - en dit op so manier en met so gesindheid te doen - dat my Hemelse Vader daardeur verheerlik sal word.  Dit is immers waarop Paulus ons aandag in Filippense 2:3-8 (AFR53) vestig:

"3 Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself.

4 Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander s’n.

5 Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was.

6 Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie,

7 maar het Homself ontledig deur die gestalte van ‘n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword;

8 en in gedaante gevind as ‘n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis'"
[Fil. 2:3-8]

Vriende, wanneer die voorneme en missie van God, ons dryfkrag word; dan leer nederigheid ons dat ons genoegdoening daarin is om God te behaag.  Ons het nie nodig om te dien om gesien te word nie - God weet van ons.  Hy is getrou om ons op die regte tyd te beloon.

Vorige oordenkings

Word stil

Word stil

Philip de JagerDie lewe is 'n besige affêre.  Daar is so baie dinge wat vir ons aandag skree en altyd 'n klomp take wat aangepak en afgehandel moet word.  Te veel hooi op die vurk en te min krag om dit te dra.  In so besige dag klink dit na tyd mors om stil te word. ...

Jesus, liefling van my siel

Jesus, liefling van my siel

Philip de JagerJare gelede het ek die liedjie leer ken: Hy's die liefling van my siel, sy Naam is Jesus.  Gemeentes het dit besielend gesing en dikwels het die samesang oorgevloei in spontane aanbidding.  Dit was oomblikke van diep bewondering vir hierdie Sielsbeminde...

Passievol

Passievol

Philip de JagerPassievolle mense leef anders.  Hierdie passie is soos 'n vlam wat in jou binneste brand, die krag wat jou dryf om alles te gee.  Om enduit, voluit te leef.  Dit is nie bloot 'n gevoel nie, maar 'n energie wat jou roep en dring om jou unieke doel te...