Geestelike groei
Daar is so baie om te leer aangaande die Christelike lewenswandel. In essensie gaan dit daaroor dat ons ware en waardige dissipels van Jesus Christus sal wees. Dus, dat ander Jesus in ons optrede kan sien. Ons verwys ook na geestelike groei op weg na geestelike volwassenheid.
“omdat ek juis hierop vertrou, dat Hy wat ‘n goeie werk in julle begin het, dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus;”
Filippens 1:6
Dit is belangrik om jouself te dissiplineer om daagliks Bybel te lees. Dit is ‘n noodsaaklike geestelike gewoonte (dissipline) en dra grootliks by tot jou geestelike groei en vorming. Dit is raadsaam om die Bybel sistematies en
boek-vir-boek deur te lees.
Jy kan ook hierdie leesplan met jou
kalender (Google en of Outlook) integreer.
Dit is belangrik om jouself te dissiplineer om daagliks Bybel te lees. Dit is ‘n noodsaaklike geestelike gewoonte (dissipline) en dra grootliks by tot jou geestelike groei en vorming. Dit is raadsaam om die Bybel sistematies en
boek-vir-boek deur te lees.
Jy kan ook hierdie leesplan met jou
kalender (Google en of Outlook) integreer.
Daar is verskeie geestelike aktiwiteite, ook geestelike dissiplines genoem, wat ons gereeld moet beoefen sodat ons geestelik kan groei. Ons lees juis in I Tim. 4:7-8:
“Maar verwerp onheilige en oudwyfse fabels, en oefen jou in die godsaligheid.
Want die liggaamlike oefening is tot weinig nut, maar die godsaligheid is nuttig vir alles, omdat dit die belofte van die teenwoordige en die toekomende lewe het.”
[I Tim. 4:7-8]
Die woord wat hier as oefen en oefening vertaal is, skilder die prentjie van ‘n altleet wat in ‘n gimnasium oefen. In enige gimnasium is daar verskillende apparate vir ‘n verskeidenheid van oefeninge. Netso, is daar ook verskeie geestelike dissiplines wat ons moet beoefen vir ons eie geestelike formasie en sodat ons geestelik fiks sal wees.
Geestelike dissiplines
Het jy 'n gebedsversoek?
Ons wil jou graag met jou geestelike reis ondersteun deur saam met jou te bid. Indien jy enige gebedsversoek het, laat weet ons gerus daarvan. Ons wil graag saam met jou bid en die Here vertrou om vir jou ‘n deurbraak te gee.