“God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.”
Joh. 4:24
God het dit vir ons moontlik gemaak om in ‘n verhouding met Hom te kan wees, want Hy het sy liefde aan ons bewys toe ons nog sondaars was (Rom 5:8), en Hy trek ons nader (Joh. 6:44), en Jesus het Homself vir ons oorgegee om ons te reinig (Ef. 5:27). God het dus duidelik die inisiatief geneem, gevolglik, het ons Hom lief omdat Hy ons eerste liefgehad het (I Joh. 4:19). Hierdie verhouding waarin ons met God is, is ‘n lewe van toewyding en ‘n lewenswyse van aanbidding. Hierdie verhouding is nie een of ander sporadiese ekstase-ding nie. Daarom, is daar groot fout indien ons iewers in ons besige skedule halt moet roep om net gou een of ander date-night met Jesus te hê. Vanuit ons verhouding met Hom is aanbidding nie bloot die liedjies wat ons sing en die oomblikke van bewondering wat ons soms het nie. Wanneer ons aanbidding beskou as ‘n eventop ons kalender, loop ons die gevaar dat aanbidding meer gaan oor die hoendervleis en trane wat ons beleef; dus die euforie van die oomblik, as wat dit die spontane uitdrukking van ons bewondering oor die Lewende God is met wie ons in ‘n verhouding is.
The longer I serve Him
The sweeter He grows
The more that I love Him
More love He bestows
Each day is like heaven
My heart overflows
The longer I serve Him
The sweeter He grows.
Aanbidding spruit uit ‘n lewe waarin die aanbidder dag-vir-dag meer versot op God raak en in diep verwondering nie anders kan as om te sê: Hoe groot is ons God. Natuurlik is dit heerlik wanneer die kinders van God vergader om aan Hom aanbidding te bring. Sulke oomblikke is mooi, maar dit moet nie vir ons uitsonderlik wees nie – dit moet vir alledaags wees.
Tensy anders vermeld word, word teksverse uit die 33/53 vertaling van die Bybel geneem.
© Leef die Woord