Laat jou woorde aangenaam wees sodat dit mense kan bemoedig
Deur Philip de Jager
Ons moet daarop bedag wees om nie op mekaar met woorde af te storm nie.
Die goeie woord van die Here leer ons dat ons mekaar sal bemoedig: “Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen” (I Th. 5:11).
“Laat julle woord altyd aangenaam wees, met sout besprinkel, sodat julle kan weet hoe julle iedereen moet antwoord” (Kol. 4:6).
Net soos ‘n boom aan sy vrug geken word so spreek ons taalkultuur boekdele van onsself (Luk. 6:43-44)
Om mekaar te bemoedig spruit uit die toestand van ons harte, want uit die oorvloed van ons harte praat ons monde (Luk. 6:45).