|

“‘n Psalm van Dawid. Die HERE is my herder;
niks sal my ontbreek nie.”

[Ps. 23:1]

Wie van ons ken nie Psalm 23 nie?  Dit is waarskynlik een van die bekendste gedeeltes in die Bybel.   Tog dink ons nie altyd aan die Here as ons herder nie.  Ja, Hy is ons God, ons Here, ons Hemelse Vader, maar ook ons Herder.  Die herder is altyd by sy skape.  Hy het altyd die beste vir sy skape in gedagte.  Hy sal hulle altyd beskerm.  Hy weet wat hulle nodig het … wanneer hulle net langs waters moet rus, lei hy die skape daarheen, hy lei hulle ook na die beste weivelde.  Vir seker het die Herder net die beste vir ons in gedagte en Hy is altyd naby ons.  Hy is met ons en laat ons nie alleen of oorgelaat aan die donker omstandighede wat ons soms wil oorweldig nie.  Ons kom niks kort nie want die Here is ons Herder.

Tensy anders vermeld word, word teksverse uit die 33/53 vertaling van die Bybel geneem.
© Leef die Woord