|

9 En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie.  10 Laat ons dan, terwyl ons geleentheid het, aan almal goed doen, maar die meeste aan die huisgenote van die geloof.”

Gal. 6:9, 10

Dit is lekker om aan ander goed te doen.  Dit is ewe lekker wanneer iemand aan jou dink en een of ander welwillendheid teenoor jou bewys.  Deur aan mekaar goed te doen, leef ons mekaar raak.  Dit is wanneer ons ons harte vir mekaar verruim dat ons mekaar se hoop op ‘n beter toekoms versterk.  Ons doen goed aan mekaar wanneer ons mekaar aanmoedig en bemoedig.  Soms vereis hierdie goed doen aan ander ook dat ons meer as net woorde sal gee.  Dit is óók om ander in hulle nood en behoefte raak te sien, en daardeur beweeg te word tot so mate dat ons iets tasbaars aan hulle gee.  En moet nie jou beskeie bydrae as onbenullig beskou nie.  Dit is miskien vir jou net iets kleins, maar vir hulle maak dit die wêreld se verskil.  Dit is wanneer ons aan mekaar op allerlei wyse goed doen, dat Here ons gebruik in die beantwoording van ander se noodkrete.  Dink hieraan, ons Here gebruik ons om ander te laat besef dat Hy hulle raaksien.  Moet nie moedeloos word om aan mekaar goed te doen nie, want getrouheid hieraan sal vir jou met goeie gevolg wees.

Tensy anders vermeld word, word teksverse uit die 33/53 vertaling van die Bybel geneem.
© Leef die Woord