Ons het almal opinies … oor feitlik alles en almal in die lewe.  Wat het Jesus egter van ons opinies te sê wanneer Hy die weegskaal vashou om dit te weeg en te evalueer?  Verder, wat kan ons by Jesus leer ten opsigte van die hantering van mense se verkeerde opinies oor ons?