WoordWerk

Die kosbaarste boek is die Bybel.  Daarom moedig ons jou aan om die Bybel te lees, te leer en te leef.  Wanneer jy met die Woord besig raak sal jy spoedig merk dat die Woord in werklikheid met jou besig raak (I Th. 2:13).  Daarom noem ons dit WoordWerk.  Ons plaas graag kort oordenkings om jou op jou reis te help.

Vir manne

Ons gesels hier graag met manne wat die mandaat vir hulle manwees met dapperheid sal uitleef.  Hierdie is oordenkings vir manne wat die daad by die Woord voeg, en daarom noem ons ons gesprekke ManDaad.  Ons steur ons doelbewus aan I Kor. 16:13: “Waak, staan in die geloof, wees manlik, wees sterk.”

Vir vroue

Ons tree graag met vroue in gesprek om hulle te herinner aan die kosbare woorde van Spr. 31:30: “… ‘n vrou wat die Here vrees, sy moet geprys word.”  Ons moedig steeds vroue aan om by die voete van Jesus te gaan sit, want dit is om die goeie deel uit te kies wat nie van jou weggeneem sal word nie (Luk. 10:42).