{"id":7119,"date":"2024-12-28T17:40:22","date_gmt":"2024-12-28T17:40:22","guid":{"rendered":"https:\/\/leefdiewoord.co.za\/?p=7119"},"modified":"2025-01-08T10:13:22","modified_gmt":"2025-01-08T10:13:22","slug":"kom-weg-uit-die-geraas","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/leefdiewoord.co.za\/?p=7119","title":{"rendered":"Kom weg uit die geraas"},"content":{"rendered":"\n<div class=\"et_d4_element et_pb_section et_pb_section_0 et_pb_with_background  et_pb_css_mix_blend_mode et_section_regular et_block_section\" >\n\t\t\t\t\n\t\t\t\t\n\t\t\t\t\n\t\t\t\t\n\t\t\t\t\n\t\t\t\t\n\t\t\t\t<div class=\"et_d4_element et_pb_row et_pb_row_0  et_pb_css_mix_blend_mode et_block_row\">\n\t\t\t\t<div class=\"et_d4_element et_pb_column_4_4 et_pb_column et_pb_column_0  et_pb_css_mix_blend_mode et-last-child et_block_column\">\n\t\t\t\t\n\t\t\t\t\n\t\t\t\t\n\t\t\t\t\n\t\t\t\t<div class=\"et_pb_module et_d4_element et_pb_post_title et_pb_post_title_0 et_pb_bg_layout_light  et_pb_text_align_left\"   >\n\t\t\t\t\n\t\t\t\t\n\t\t\t\t\n\t\t\t\t\n\t\t\t\t\n\t\t\t\t<div class=\"et_pb_title_container\">\n\t\t\t\t\t<h1 class=\"entry-title\"><\/h1>\n\t\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\n\t\t\t<\/div><div class=\"et_pb_module et_d4_element et_pb_text et_pb_text_0  et_pb_text_align_left et_pb_bg_layout_light\">\n\t\t\t\t\n\t\t\t\t\n\t\t\t\t\n\t\t\t\t\n\t\t\t\t<div class=\"et_pb_text_inner\"><p>Deur Philip de Jager<\/p><\/div>\n\t\t\t<\/div>\n\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\n\t\t\t\t\n\t\t\t\t\n\t\t\t\t\n\t\t\t<\/div><div class=\"et_d4_element et_pb_row et_pb_row_1  et_pb_css_mix_blend_mode et_block_row\">\n\t\t\t\t<div class=\"et_d4_element et_pb_column_4_4 et_pb_column et_pb_column_1  et_pb_css_mix_blend_mode et-last-child et_block_column\">\n\t\t\t\t\n\t\t\t\t\n\t\t\t\t\n\t\t\t\t\n\t\t\t\t<div class=\"et_pb_module et_d4_element et_pb_text et_pb_text_1  et_pb_text_align_justified et_pb_bg_layout_light\">\n\t\t\t\t\n\t\t\t\t\n\t\t\t\t\n\t\t\t\t\n\t\t\t\t<div class=\"et_pb_text_inner\"><p style=\"font-weight: 400;\">Wat is dit met die mens dat ons altyd wil jaag?!<span>\u00a0 <\/span>Of hoekom is stilte vir ons ongemaklik?<span>\u00a0 <\/span>Een van die grootste leemtes in ons lewens is waarskynlik die onvermo\u00eb om alleen te wees en in afsondering te gaan.<span>\u00a0 <\/span>En hoekom is dit so moeilik?<span>\u00a0 <\/span>Het ons aan geraas verslaaf geraak?<span>\u00a0 <\/span>Het ons aan aandag verslaaf geraak?<span>\u00a0 <\/span>Het ons aan besig-wees verslaaf geraak?<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Wanneer ons vanuit 'n geestelike perspektief oor afsondering en stilte reflekteer, dan lei dit ons om in ons Hemelse Vader se arms in te hardloop om deur Hom verkwik te word en insig in Sy leiding vir ons lewens te kry sodat ons die lewe in die o\u00eb kan kyk.<span>\u00a0 <\/span>Ons moet waaksaam wees dat besig-wees nie die vyand van ons geestelike lewe word nie, selfs, wanneer ons so besig raak met die dinge van die Here dat ons nie by die Here van die dinge uitkom nie.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\"><strong>Jesus het vir ons die voorbeeld gestel<\/strong><\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Wanneer ons die geestelike dissipline van afsondering en stil-word beoefen, volg ons ook in die voorbeeld wat Jesus vir ons nagelaat het.<span>\u00a0 <\/span>Ons lees byvoorbeeld:<\/p>\n<blockquote>\n<p style=\"font-weight: 400;\"><em>\"En nadat Hy die skare weggestuur het, klim Hy op die berg om in die eensaamheid te bid. En toe dit aand geword het, was Hy daar alleen.\"<br \/><\/em>[Matt. 14:23]<\/p>\n<\/blockquote>\n<p style=\"font-weight: 400;\">\u00a0En,<\/p>\n<blockquote>\n<p style=\"font-weight: 400;\"><em>\"En vroeg in die m\u00f4re, nog diep in die nag, het Hy opgestaan en uitgegaan en na \u2018n eensame plek vertrek en daar gebid.\"<br \/><\/em>[Mark. 1:35]<\/p>\n<\/blockquote>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Deur stil te word en in afsondering te gaan, volg ons in Jesus se voetstappe.<span>\u00a0 <\/span>Omdat Jesus dit toegepas het is dit reg om te redeneer dat ons dit nie kan bekostig om dit nie te doen nie.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\"><strong>Hier is 'n paar praktiese wenke om te oorweeg<\/strong><\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\"><em>Skeduleer 'n spesifieke tyd in jou dag<\/em><\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Neem jou persoonlike ritmes en roetine in ag.<span>\u00a0 <\/span>Jy gaan nie hiervoor tyd h\u00ea totdat jy tyd gemaak om hierdie dissiplines te beoefen nie.<span>\u00a0 <\/span>Die bekende John en Charles Wesley (twee van nege kinders) skryf oor hulle moeder, Susanna Wesley, wat haar voorskoot oor haar kop gegooi het om daardeur aan te dui dat sy in haar plek van stilte en afsondering was.<span>\u00a0 <\/span>En dat hulle haar hiervoor onthou en respekteer.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\"><em>Sorg dat jy nie gesteur sal word nie<\/em><\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Geen musiek nie.<span>\u00a0 <\/span>Absolute stilte.<span>\u00a0 <\/span>Onthou: die fokus is om in afsondering te wees en stil te word.<span>\u00a0 <\/span>Natuurlik kan daar later heerlike lof en aanbidding geskied.<span>\u00a0 <\/span>Maar word eers doelbewus stil sodat jy bewus kan raak van die teenwoordigheid van die Here.<span>\u00a0 <\/span>Stel jou hart en gedagtes oop om ontvanklik te wees vir die inspraak van die Heilige Gees.<span>\u00a0 <\/span>Dit is nou tyd om te luister!<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\"><em>Hou 'n joernaal gereed <\/em><\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Skryf die gedagtes of teksverse neer wat in jou hart opkom.<span>\u00a0 <\/span>Dokumenteer die inspraak wat die Gees van God in jou lewe gee.<span>\u00a0 <\/span>Wanneer jy dit neerskryf het jy 'n spesifieke verwysingspunt en kan jy altyd daarna terugkeer vir duidelikheid.<span>\u00a0 <\/span><a href=\"https:\/\/leefdiewoord.co.za\/joernaal-opskrif\/\">Lees gerus meer oor joernaal-hou hier.<\/a><\/p><\/div>\n\t\t\t<\/div>\n\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\n\t\t\t\t\n\t\t\t\t\n\t\t\t\t\n\t\t\t<\/div><div class=\"et_d4_element et_pb_row et_pb_row_2  et_pb_css_mix_blend_mode et_block_row\">\n\t\t\t\t<div class=\"et_d4_element et_pb_column_1_2 et_pb_column et_pb_column_2  et_pb_css_mix_blend_mode et_block_column\">\n\t\t\t\t\n\t\t\t\t\n\t\t\t\t\n\t\t\t\t\n\t\t\t\t<div class=\"et_pb_button_module_wrapper et_pb_button_0_wrapper  et_pb_module \">\n\t\t\t\t<a class=\"et_pb_button et_d4_element et_pb_button_0 et_pb_bg_layout_light et_block_module\" href=\"https:\/\/leefdiewoord.co.za\/?p=7059\" data-icon=\"\uf54b\">Meer oor afsondering<\/a>\n\t\t\t<\/div><div class=\"et_pb_button_module_wrapper et_pb_button_1_wrapper  et_pb_module \">\n\t\t\t\t<a class=\"et_pb_button et_d4_element et_pb_button_1 et_pb_bg_layout_light et_block_module\" href=\"\" data-icon=\"\uf54b\">Meer oor geestelike groei<\/a>\n\t\t\t<\/div>\n\t\t\t<\/div><div class=\"et_d4_element et_pb_column_1_2 et_pb_column et_pb_column_3  et_pb_css_mix_blend_mode et-last-child et_block_column et_pb_column_empty\">\n\t\t\t\t\n\t\t\t\t\n\t\t\t\t\n\t\t\t\t\n\t\t\t\t\n\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\n\t\t\t\t\n\t\t\t\t\n\t\t\t\t\n\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t\n\t\t\t\t\n\t\t\t<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"","protected":false},"author":1,"featured_media":7122,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_et_pb_use_builder":"on","_et_pb_old_content":"","_et_gb_content_width":"2880","footnotes":""},"categories":[81],"tags":[],"class_list":["post-7119","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-skoon"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/leefdiewoord.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7119","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/leefdiewoord.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/leefdiewoord.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/leefdiewoord.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/leefdiewoord.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7119"}],"version-history":[{"count":5,"href":"https:\/\/leefdiewoord.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7119\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":7561,"href":"https:\/\/leefdiewoord.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7119\/revisions\/7561"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/leefdiewoord.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/7122"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/leefdiewoord.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7119"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/leefdiewoord.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7119"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/leefdiewoord.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7119"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}