Sorg dat jou oë se venters heel is sodat jy beter kan sien.
Deur Philip de Jager
Die lewe is ‘n besige affêre; en om in dit alles kop te hou is dit nodig dat jy perspektief behou.
Om perspektief te behou moet jy verstaan waaruit jy kom, waar jy jouself tans bevind, en waarheen jy op pad is.
“Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus” (Fil. 3:14).
Om perspektief te behou moet jy die lewe in konteks van omstandighede sien sonder om die gyselaar van die hede of verlede te wees.
Perspektief help jou om realiteit en hoop te harmoniseer.
“Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, sal jou hele liggaam verlig wees” (Matt. 6:22).