Ruik jy lekker?

Deur Philip de Jager

Na wat ruik jy?  Of, sal ek eerder vra na wie ruik jy?

Die Goeie Woord van die Here leer ons: “Ons is die aroma van Christus.  Ons versprei hierdie aroma tot eer van God.  Ons doen dit tussen mense wat gered word en tussen mense wat verlore gaan” (II Kor. 2:15 (NNT)).  Wanneer ek om ‘n lekker braaivleis vuur staan neem dit nie baie lank voordat my klere na dié rook ruik nie.  En wanneer ek my gunsteling aftershave aan het, ruik my hemp ook vinnig daarna.  Hier is die les: Ek begin die aroma dra van die dominante reuk waarin ek myself bevind.  So gebeur dit soms dat mense se aroma verander vanweë die persone in wie se teenwoordigheid hulle tyd spandeer.  Byvoorbeeld daardie vriendelike en toeganklike mens wat ewe skielik bot en bitter is … is dit dalk die geselskap waarin hulle begin verkeer?  Dit laat my onwillekeurig aan Hebr. 12:15 dink:

“en pas op dat niemand in die genade van God veragter nie; dat geen wortel van bitterheid opskiet en onrus verwek en baie hierdeur besoedel word nie.”

Dit is regtig hoe eenvoudig dit is; ons begin die aroma van ons geselskap dra. Vriende, laat ons intensioneel daarop ingestel wees om in Christus se geselskap te wees namate Hy deur die Woord in ons lewens aan die woord kom en deur toe te laat dat sy woord ryklik in ons sal woon (Kol. 3:16) – dan sal ons ‘n lieflike geur van Christus in hierdie wêreld wees.  Ruik jy lekker?  Rose of rook?

Aanhalings uit die Bybel word uit die 33/53 vertaling van die Bybel geneem, tensy anders aangedui.
NNT – Die Nuwe Nuwe Testament

7 + 15 =

Vorige Oordenkings

Skyn soos ligte

Skyn soos ligte

Te midde van 'n korrupte en siek generasie moet ons skyn soos ligteDeur Philip de JagerVriende, ons is “kinders van God sonder gebrek te midde van ’n krom en verdraaide geslag onder wie julle skyn soos ligte in die wêreld” (Fil. 2:15).  Die wêreld waarin ons leef is...

Sien mekaar raak

Sien mekaar raak

Jesus leer ons om mekaar te raak te sien en te helpDeur Philip de JagerKyk ek dalk ander mis omdat ek te groot in my eie oë is en omdat my behoeftes, begeertes en belange vir my belangriker is enige iets of iemand anders in die lewe?  Om mekaar raak te sien en mekaar...

Jesus is die somtotaal

Jesus is die somtotaal

Jesus is die somtotaal van my hele bestaanDeur Philip de Jager“... Hy is die somtotaal van my hele bestaan ...” [Fil. 1:21 (NNT)] Is ek waarlik aan Christus uitverkoop - en dit ten opsigte van elke fakulteit van my bestaan?  Getuig my lewe van die maatstaf van die...

Prys die Here wat ons kan help

Prys die Here wat ons kan help

'n Loflied is altyd gepas, want God is goed!Deur Philip de Jager"... Hosanna! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here! ..." (Mark. 11:9). Ons het vrymoedigheid om met ons gebede na die troon van die Here te gaan, want ons weet dat ons barmhartigheid in sy oë...

Die onmoontlike transaksie word toe beklink

Die onmoontlike transaksie word toe beklink

Ons waarde word bepaal deur die prys wat Jesus bereid was om vir ons te betaalDeur Philip de JagerOns wêreld draai rondom die dinge wat vir ons belangrik is.  Die gevaar bestaan natuurlik dat die goed wat vir ons belangrik is ons soms groot in ons eie oë kan laat lyk...

Die onbelangrikes is toe nie onbelangrik nie

Die onbelangrikes is toe nie onbelangrik nie

Hoe meer jy van jouself dink hoe minder word jou impakDeur Philip de JagerIn Mark. 9:33-41 lees ons dat die dissipels van Jesus onder mekaar stry gekry het oor wie nou eindelik die belangrikste was.  Dit is baie duidelik dat hulle Jesus totaal in hul eiewaan en...

Ai, wat is dit met vandag se mense?

Ai, wat is dit met vandag se mense?

Jy het nie 'n teken nodig nie.  Jy het dankbaarheid nodig.Deur Philip de Jager“Ai! ... Wat is dit met vandag se mense dat hulle so graag bewyse van God se krag wil sien?” (Mark. 8:12) (NNT) Jesus doen daagliks vir ons baie dinge.  Soms raak ons so gewoond aan alles...

Jesus doen alles buitengewoon goed

Jesus doen alles buitengewoon goed

Jesus doen nie halwe werk en werk ook nie halfhartige nieDeur Philip de Jager“... kyk net hoe buitengewoon goed doen Hy alles ...” (Mark. 7:37) (NNT) Nadat Jesus ’n man wat doof was en wie se spraak ook swaar aangetas was genees het was die mense oor hierdie...

Iets groots gebeur wanneer Jesus die toneel betree

Iets groots gebeur wanneer Jesus die toneel betree

Jesus daag nie toevallig in die toneel van die lewe op nieDeur Philip de Jager“... Die mense het besef dat hier iets groots gebeur het ...” (Mark. 5:15) (NNT) Sommige situasies en omstandighede kan ons met ongenaakbare wreedheid karnuffel en ons op plekke laat beland...

Die besef van hoe klein ons is en hoe groot Jesus is

Die besef van hoe klein ons is en hoe groot Jesus is

Besef hoe groot Jesus is en moenie toelaat dat die storm jou ontsenu nieDeur Philip de JagerOns lees in Mark. 4:41: “’n Besef van hoe klein hulle is en hoe groot en magtig Jesus regtig is, het hulle beetgepak" (NNT). Een van die uitdagings van die geloofslewe en die...

Om met Jesus die deur in die huis te val

Om met Jesus die deur in die huis te val

God se stem het nie stil geword nie - Jesus is die bewys daarvan.Deur Philip de JagerDie brief aan die Hebreërs begin met ’n belangrike en indrukwekkende groet. Dit is as of die skrywer met Jesus die deur in die huis val. Prontuit. Reguit. “Nadat God baiekeer en op...

Jesus maak nie ‘n skouspel van outoriteit nie

Jesus maak nie ‘n skouspel van outoriteit nie

Jesus was indrukwekkend sonder om te probeer grootdoenerig weesDeur Philip de JagerJesus het nie 'n skouspel van sy outoriteit gemaak nie, nogtans is dit altyd indrukwekkend om Hom in aksie te sien namate Hy wonderwerke verrig het deur siekes te genees, brode en...

Ten spyte van jou eie seer

Ten spyte van jou eie seer

Dit is vanuit onselfsugtigheid en jou verhouding met Hom dat jy op die water sal loop.Deur Philip de JagerOns lees in Matt. 14:14 dat Jesus innig jammer gevoel het vir die skare wat Hom gevolg het en hulle siekes na Hom gebring het.  Die konteks waarin ons hierdie...

Die mooiste mooi

Die mooiste mooi

Elkeen wat die Naam van die Here aanroep sal gered word (Hand. 2:21)Deur Philip de JagerWat is vir jou mooi, regtig baie mooi?  Natuurlik sal ons antwoorde van mekaar verskil, want ons voorkeure en afkeure verskil van mekaar.  Ons persepsies van skoonheid verskil van...

Elke nuwe dag

Elke nuwe dag

In die môre Here sal U my stem hoor ...Deur Philip de JagerMet die breek van elke nuwe dag word onherroeplik verklaar dat God tyd in sy hand vashou.  Dit opsigself bevestig die majestueuse grootheid van die God van ons belydenis.  En daarom wil ons hierdie dag ook met...

Die regte perspektief

Die regte perspektief

“Can any of you live a bit longer by worrying about it?" (Matt. 6:27)Deur Philip de JagerEk moet die regte perspektief op sake en die lewe kry en behou (Matt. 6:22).  Die perspektief en verwysingsraamwerk wat ek gebruik het ’n invloed op wat ek sien en hoe ek dit wat...

Volmaakte barmhartigheid

Volmaakte barmhartigheid

“Wees dan volmaak soos julle Vader in die hemele volmaak is” (Matt. 5:48).Deur Philip de JagerDie konteks van hierdie teksvers onthul vir my ’n belangrike waarheid: Die volmaakte voorbeeld van my Hemelse Vader waarna in die konteks (Matt. 5:43-48) verwys word is dat...