|

“Want U is my lamp, o HERE! En die HERE laat my duisternis opklaar.  Want met U loop ek ‘n bende storm, met my God spring ek oor ‘n muur.”

[II Sam. 22:29, 30]

Wanneer ons in moeilike omstandighede is, kan ons so maklik begin twyfel.  Twyfel of die Here vir ons omgee, twyfel oor sy liefde en twyfel of Hy ons hoor wanneer ons bid.  Ons moenie toelaat dat hierdie negatiewe gedagtes in ons kom lê nie.  Dit is juis wanneer ons met die Here gesels dat sy lig in ons lewens inskyn.  Hy klaar ons duisternis op.  Hy gee ons die krag om op te staan en ‘n bende storm te loop.  Ons kan by Hom skuil, ons harte by Hom uitstort.  Hy hoor wanneer ons Hom aanroep.

“Toe ek benoud was, het ek die HERE aangeroep, en ek het geroep tot my God; en uit sy paleis het Hy my stem gehoor, en my hulpgeroep was in sy ore” (II Sam. 22:7)

Tensy anders vermeld word, word teksverse uit die 33/53 vertaling van die Bybel geneem.
© Leef die Woord