|

“Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle!”

Fil. 4:4

Woorde soos blydskap, vreugde en vrede is woorde wat ons laat stilstaan en wonder oor die dieptes van ons lewens.  Dit laat ons wonder waarna ons eintlik opsoek is?  Blydskap is veel meer as ‘n emosionele ervaring.  Dit is dieper.  Baie dieper.  Blydskap is ‘n innerlike  vastrapplek.  Daarom is blydskap nie vlietend soos iets wat kom en gaan nie.  Vir ons wat in die Here glo, is ons blydskap in die Here gegrondves.  Daarom kan ons altyd blydskap ervaar.  Wanneer ons ons in die Here verbly sal ons blydskap konstant wees … al voel ons uitgerafel deur die uitdagings van die lewe.  Jesus is die alles oortreffende rede waarom ons altyd blydskap kan ervaar ten spyte van die aanslae en die storms van die lewe.  Hy verander nooit nie.  Daarom kan hulle wat die Here vertrou waarlik konstante blydskap ervaar.

Tensy anders vermeld word, word teksverse uit die 33/53 vertaling van die Bybel geneem.
© Leef die Woord