Maak seker dat die plek van verwagting
in jou lewe nooit ontruim is nie.
Deur Philip de Jager
“In die môre, HERE, sal U my stem hoor; in die môre sal ek dit aan U voorlê en afwag” (Ps. 5:4).
Hoopvolle mense se lewens is met verwagting ingekleur.
Om met verwagting vir goeie en mooi dinge te leef vereis nie van ons om die realiteit te ontken nie, maar om nie toe te laat dat uitdagings wat ons moet trotseer in ons gemoed groter word as ons oorgawe aan God nie.
Om met verwagting te leef is om die vreugde daarvan te ervaar dat niks jou uit die hand van die Here kan pluk nie (Joh. 10:28; Rom. 8:38-39).
Maak seker dat die plek van verwagting in jou lewe nooit ontruim is nie.