In ‘n wêreld wat al hoe meer ‘n post-Christendom karakter openbaar word die God-nood toenemend groter. Dit is nie noodwendig die oortuiging van die samelewing nie, maar wanneer ons waarneem wat gebeur dan is dit beslis duidelik en duideliker dat mense na God toe moet terugkeer.
“Wees dan navolgers van God soos geliefde kinders;”
[Ef. 5:1]
Meer as ooit van te vore is dit nodig dat kinders van God sal optree soos dit kinders van God betaam, want in hierdie krom en verdraaide geslag moet ons skyn soos ligte (Fil. 2:15). Vandag wil ek egter nie na die wêreld vinger wys of op die wêreld neerkyk nie. Manne, ons moet voorbeelde van geregtigheid en heiligheid wees. ‘n Voorbeeld beteken eenvoudig: Die beeld wat voor is.
Soos!
“Wees my navolgers, soos ek dit ook van Christus is.”
[I Kor. 11:1]
Om ‘n navolger te wees is om ‘n na-aper te wees; ‘n nabootser te wees. Ons verwag nie van ander om te doen wat ons doen nie. Ons moet van ander verwag om te doen wat ons soos Christus doen. Dit is hierdie Christus-gesentreerde lewe wat navolgenswaardig is. Hierin is die essensie van dissipelskap: dat ek Jesus se leefwyse my leefstyl tot so noulettende mate maak dat ek die vrymoedigheid kan hê om vir ander te sê hulle kan my voorbeeld navolg, want ek volg in Christus se voetstappe.
Voorbeeld-nood
Ons voorbeeld moet harder spreek as dié van die sondige voorbokke van hierdie wêreld. Ons moet egter nie dink net die wêreld het heilige voorbeelde om na te boots nodig nie. In ons geloofsgemeenskap het ons ook ‘n voorbeeld-nood.
“Wees ook my navolgers, broeders, en let op die wat so wandel soos julle ons tot voorbeeld het.”
[Fil. 3:17]
Die woord “broeders” vestig onomwonde ons aandag daarop dat ons binne ons geloofsgemeenskap dit vir mekaar moet sê dat ons ook hier tussen ons Christus-gesentreerde voorbeelde nodig het.
“En wat julle geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het, doen dit, en die God van vrede sal met julle wees.”
[Fil. 4:9]
“Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het,”
[II Tim. 3:14]
TEN SLOTTE
Wanneer ons dit doen sal ons waarlik sout en lig in ons wêreld wees en sal God deur ons voorbeeld verheerlik word (Matt. 5:13-16). Wanneer ons navolgenswaardig leef sal ons hulle wat jonk in die geloof is op hulle geestelike reis help.
“7 Betoon jou in alles ‘n voorbeeld van goeie werke, met onvervalstheid in die leer, waardigheid, opregtheid.
8 Laat die woord gesond en onweerspreeklik wees, sodat die teëstanders beskaam kan word en niks slegs kan hê om van julle te sê nie.”
[Tit. 2:7-8]
Een van julle saam met julle
Philip de Jager
Vind en volg ons gerus ook op ons Facebook bladsy by https://www.facebook.com/mandaadmanne of maak gerus van die QR code gebruik
Vorige ManDaad Oordenkings
Hou goeie moed
Miskien voel jy ook dat al wat jy op hierdie stadium moet doen is om net vas te byt, die einde is amper in sig. Desember raak alles rustig; of ten minste rustiger, en dan kan jy lekker ontspan. Dit laat die vraag ontstaan:Hoe kan 'n mens ten volle leef wanneer die...
Sien mekaar raak
Die lewe is 'n besige affêre. En in die besig wees leef mense soms verby mekaar. Dit gebeur so maklik dat ons die einste mense vir wie ons wil sorg en voorsien in die proses om hierdie geborgenheid te bewerkstellig miskyk of verby mekaar leef. Somtyds maak ons...
Die uitdaging
Lees Mark. 10:43-45 Dit is vanweë die waarheid dat ons kinders van God is en ons dus in Christus is (II Kor. 5:17) en Hy in ons (Joh. 17:23) dat ons juis kan gesels oor ons identiteit in Christus. Wanneer ons oor ons identiteit in Christus gesels verwys ons dikwels...
Veelvuldige genade
Ek nooi jou uit om saam met my oor I Pet. 4:10 te peins: "Namate elkeen ‘n genadegawe ontvang het, moet julle mekaar daarmee dien soos goeie bedienaars van die veelvuldige genade van God."[I Pet. 4:10] Jy het iets om te bied Ekeen van ons iets het om te bied, want God...
Raak rustig
Raak rustig. Dit is soms woorde wat 'n mens kan omkrap veral as jy behoorlik oor iets opgewerk is; dit is dan soos petrol op smeulende kole. Nogtans is dit belangrik dat ons hierdie woorde sal hoor en dat ons sal verstaan dat hierdie woorde juis toepaslik kan wees...
Droom diewe (1)
Ek nooi jou uit om saam met my te besin oor die tema: Droom diewe. Ek vertrou dat hierdie gesprek ons sal help om intensioneel en passievol te leef. Ons skenk aan Paulus se woorde aandag: "Ek hardloop dan soos een wat nie onseker is nie; ek slaan met die vuis soos...
‘n Gelukkige lewe
Is jy op hierdie oomblik gelukkig met jou lewe? Dit is asof geluk sommige mense net-net ontbreek. Ons leef in 'n stukkende wêreld waarin soveel mense sat is en seer het. Lyk dit vir jou soms of ander mense altyd gelukkiger as jy is? Wat het van jou blydskap...
Om ander hoër as jouself te ag
Die lewe kan 'n baie selfsugtige affêre raak. Soms kan die selfsug van ander spanning in ons lewens veroorsaak. Laat ons daarom leer om nie vanuit 'n plek van selfsug te leef nie, maar om ook na die belange van ander om te sien: "3 Moenie iets doen uit selfsug of...
Mansgenoeg
Ons gesprek oor mansgenoeg laat ons aandag aan drie sake skenk, naamlik: Ons motto Natuurlik verwys ek na die woorde van I Kor. 16:13: "Waak, staan in die geloof, wees manlik, wees sterk." Is jy man of muis? Hierdie manlikheid verwys na dapperheid. Ons het beslis in...
Waar is God wanneer ek Hom nodig het?
Konstante God-nood Laat dit duidelik wees: Ons leef met konstante God-nood! Ongeag hoe dit met ons gaan: Ons is altyd wesenlik van God afhanklik. Ons moet nie ons afhanklikheid van God uitdruk in terme van minder of meer nie. Ons afhanklikheid van God fluktueer nie...
Broodnodig
Na aanleiding van geestelike kontemplatiewe oomblikke in my lewe die afgelope paar weke - wat veral gesentreer het rondom 'Jesus en brood' wil ek vandag met jou gesels oor die tema: Broodnodig. Jesus is die brood van die lewe Die lewe is meer as ons bestaan hier op...
Bome en vrugte
Ek herinner jou aan ons ManDaad motto; die woorde van I Kor. 16:13: "Waak, staan in die geloof, wees manlik, wees sterk." Ek hou van hoe dit vrylik in die Nuwe Nuwe Testament (Joubert & van der Watt 2022:394) vertaal is: "Wees wawyd wakker. Staan stewig in die...
Jy het wat nodig is
Ek nooi jou uit om saam met my na te dink oor die woorde van Paulus in II Tim 1:7: "Want God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing." Ons is nie vreesagtig nie Ek wil jou herinner aan ons motto: “Waak, staan in die...
Is jy jou vyand?
Ons bevind onsself in moeilike en uitdagende tye. Hierdie omstandighede ruk aan ons lewens. Een ding is vir seker: Dit is nie nou die tyd om mekaar te herinner aan hoe ons eendag meer as oorwinnaars sal wees nie. Dit is nie nou die tyd om mekaar te dreig met die...
Waak. Staan in die geloof. Wees manlik. Wees sterk.
Jy moet waak. Om te waak beteken eenvoudig om wakker te wees. Om te waak is om proaktief te wees, om in ‘n gereedheid-grondslag te leef sonder om paranoïes te wees. Dit beteken dat jy nie die lewe vanuit krisis-bestuur leef nie. Jy leef met ‘n plan. Om te waak is...
Wat van jou gesin?
Klippe in my hand
Ons moet nie toelaat dat besig-wees en verwronge prioriteite ons op die plek bring waar ons kind(ers) ons irriteer nie. Deur Philip de JagerVandag tydens ons ManDaad byeenkoms vir manne, wys een van die pa's vir my twee klippe wat hy in sy hand vashou. Die klippe is...
Familie-vriendelike huishoudings
Om familie-vriendelike huishoudings te skep wat aanpasbaar is moet buigsaamheid ingereken word.Deur Philip de JagerIs julle gesin 'n familie-vriendelike leefruimte? Met familie-vriendelikheid bedoel ons daardie eienskappe wat 'n positiewe bydrae lewer ten opsigte van...
Gesinne wat saam kan lag
Daar is min dinge so lekker soos om te kan lag. In hierdie stresvolle tye is dit belangrik dat gesinne saam met mekaar sal lag!Deur Philip de JagerDaar is min dinge so lekker soos om te kan lag. In hierdie stresvolle tye is dit belangrik dat gesinne saam met mekaar...
Gesinslede leer bymekaar
Die gesin is 'n sosiale groepering waarin interpersoonlike verhoudings betekenisvolle bydraes tot mekaar gemaak kan word.Deur Philip de JagerEk nooi jou uit om saam met my om die tafel te kom sit terwyl ons gesels oor die wonderlike tema: Gesinslede leer bymekaar. Ek...