Oefen
Preke in die reeks
Dit is noodsaaklik dat ons moet weet wat ons glo en dat ons bereid sal wees om standpunt in te neem vir dit wat ons glo. Ons moet dus aan God en sy Woord getrou bly. Om dit reg te kry, moet ons oefen om altyd voor God en mense ‘n rein gewete te hê.
Ons moet nooit die waarde en impak van ‘n toegewyde geestelike lewe onderskat nie. Daarom is dit noodsaaklik om ons daarin te oefen. Ons moet die verbintenis maak om die Here deur ons gedissiplineerde geestelike lewe te behaag.
